Share

Die blues gee nie om oor ouderdom

’n Prokureur van Pretoria het verlede naweek sy kantoor en pak klere vir Oppikoppi se stof en ’n verhoog verruil.

Johan Lombard, ’n direkteur by ’n bekende prokureursfirma in die Jakarandastad, sê hy “stamp so aan 60”, maar hy wil nie posseëls versamel nie.

Nee. Hy verkies dit om mondfluitjie en slide-kitaar te speel en saam met die vier ander lede van die groep Bright Lights Big City blues-musiek te maak.

“Ek gaan nie vir lank ’n prokureur kan wees nie,” sê Johan, wat al 33 jaar ’n prokureur is. “Maar ek gaan nog lank musiek kan maak.”

En verlede naweek het hulle musiek gemaak op die jaarlikse Oppikoppi-musiekfees, naby ­­
Northam in Limpopo. Dit was Johan se eerste ­Oppikoppi.

“Ek kan my eie gat skop dat ek nog nie daar was nie,” sê hy. “Dis nie so rof soos almal dink nie.

“Tagtig persent van die mense het hulle goed gedra en was vriendelik.”

Johan meen hy was seker die oudste musikant wat sy debuut daar gemaak het. “Maar voor my het daar ’n ou gespeel wat seker tien jaar op my het. Lyk my ek het die ouman-stage getrek. Maar daar is vreeslik baie mense in hul 30’s en 40’s. Dis nie nét studente en skoolkinders nie.”

Johan het as student begin kitaar speel, maar nooit die geleentheid gehad om aan ’n groep te behoort nie. Vir 20 jaar het hy sy
kitaar neergesit, maar sowat twee jaar gelede het hy besluit hy wil homself “verbeter”. En dít is hoe sy paadjie met dié van Illimar Neitz (35) gekruis het. Illimar bied kitaarlesse aan en het ’n klein ateljee agter sy huis in Pretoria.

“Ek wou myself as musikant verbeter,” sê Johan waar hy saam met drie van die ander lede in Illimar se agterplaas sit. Dun draadjies blou-wit rook dwarrel oor die tafel terwyl hulle sit en gesels.

“Ek het gehoor dié ou gee knap lesse.” Hy wys na Illimar. “Maar hy kan my niks meer leer nie.”

Die groep – Johan, Illimar, Christiaan van Rooyen (29), Donovan Borne (30) en Jako Loots (37) – het verlede jaar vinnig bymekaar gekom toe hulle tydens Park Acoustics, wat by Fort Schanskop gehou word, moes optree, aangesien Illimar se ander blues-musiekgroep opgebreek het.

“Ek is net hier om hulle uit die tronk te hou,” skerts Johan.

Hulle speel deesdae in en om Pretoria. En die groep het al ’n fees of twee agter die rug.

Volgens Johan is hul gehoor van 16 tot 60 jaar oud, maar dan val hy homself in die rede. “Sestig is nog nie ’n oumens nie! Sê 16 tot 80.”

Christiaan sê die groep hou van ou blues-musiek. “Little Walter. Nie Texas-blues nie,” sê hy.

“En moenie vir oom Chris Blignault weggooi nie,” sê Johan.

Die manne kom elke Dinsdagaand bymekaar om te oefen – totdat die bier opraak.

Hulle is dit eens dat die ouderdomsverskil nie saak maak nie.

“Ons is almal 16 jaar oud in ons hart,” sê Illimar.


Johan Lombard (links) saam met Bright Lights Big City op Oppokoppi. Foto: Cornél van Heerden


* Bosveldballades: Die fotograaf Cornél van Heerden het ’n klompie Oppikoppi-gangers voor sy lens gekry.


Jason Shatzki en Jordan Smit: “Hoekom sit ons in die kattebak? Want dis gemaklik.”


Dimitri Mavrikin: “Dis my eerste een en ek is mal daaroor. Ek hou baie van Afrikaanse musiek. Ek is ’n Griekse Boertjie.”


Thomas Mphaka: “Ek wens dit kan die hele maand aanhou. Hier is nooit eens een bakleiery nie. Dís hoe Suid-Afrika moet wees.”


Tyron Anderson: “Een van ons vriende moes werk en kon nie hier wees nie. Dié is die naaste aan hom wat ons kon kry...”



Richard Gilson: “Ek het ander amigo’s ook, maar het hulle so bietjie verloor. Koppi is alles, man! Die musiek, die mense, die stof, die snaakse scenario’s. Dis die beste fees.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 937 votes
No! It's time to move on ...
33% - 453 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.11
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.28
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.60
-0.3%
Palladium
959.50
-3.1%
Gold
2,336.57
+0.2%
Silver
27.26
-0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE