Share

Die slimmes van Timboektoe

As jy deesdae iemand soek wat nog met ontsag van oudpres. Thabo Mbeki praat, sal jy Timboektoe toe moet ry.

En hoewel dit klink soos ’n goedkoop politieke grappie wat die kamerade in Luthuli-huis vir mekaar om die teetrollie vertel, is dit ook toevallig waar.

Want in die antieke stad Timboektoe in Mali huiwer die plaaslike mense nie om Mbeki se lof te besing nie, veral nie as hulle die pragtige gebou van die Ahmed Baba-instituut aan jou wys nie. Die boodskap is altyd dieselfde: “Thabo Mbeki built the institute, he did that for us.”

Die instituut, met sy goudbruin mure en imposante argitektuur is ’n week gelede (vir die tweede keer!) amptelik geopen. (Die “tweede” opening was blykbaar nodig omdat die gebou nog nie heeltemal klaar was toe die linte verlede jaar vir die eerste keer geknip is nie).

Na dese sal geen woestynstof, insekte of vog meer die antieke manuskripte in hul nuwe boksies kan bykom nie. Die gebou bied ook ’n welkome verligting van Timboektoe se rand-van-die-woestyn-hitte.

Die Ahmed Baba-instituut het reeds in 1973 met die hulp van die Verenigde Nasies ontstaan om manuskripte in private versamelings van regoor die Sahara tot so ver as Noord-Afrika of die Midde-Ooste onder een dak te kry.

Dit is genoem na Ahmed Baba, ’n swart intellektueel uit die 16de eeu, skrywer van meer as 50 werke en ’n leermeester wie se nalatenskap steeds geëer word.

Daar is vandag ook ander private biblioteke in Timboektoe, maar die instituut is die grootste en bewaar ’n allemintige 30 000 manuskripte, waarvan die oudste moontlik van 1204 dateer.


Mohamed Diagayété, die hoofnavorser van die instituut, sê hul versameling groei steeds en nuwe manuskripte kom “nog elke dag van oraloor aan”.

“Met Suid-Afrika se hulp het dit net ’n beter projek geword.”

Die idee was egter nooit dat die instituut ’n blote museum vol ou boeke en geskrifte sal wees nie.

Die grootste werk is die skandering, digitalisering en vertaling van die manuskripte in ’n poging om die kennis van die afgelope 800 jaar wat daarin opgesluit lê te ontgin.

Mooi soos wat die kalligrafie in baie van die manuskripte is, die tekeninge en goue krul-letters, of byvoorbeeld die watermerke met drie halfmane op die Italiaanse papier wat tot in die 19de eeu gewild was, is die antieke Arabies en die Afrika-tale in Arabiese skrif (die sogenaamde ajami-geskrifte) van bitter min waarde as dit nie toeganklik gemaak word nie.

Wanneer Diagayété dus na Suid-Afrika se volgehoue bydrae verwys, praat hy nie net van die gebou wat ontwerp is deur André Spies om mooi in te pas by die argitektuur van Timboektoe of die blywende voordele van die opleiding in manuskripbewaring nie.

Hy verwys veral na die navorsingsbydrae van die Universiteit van Kaapstad (UK), die enigste instelling ter wêreld wat vandag op ’n deurlopende grondslag die inhoud van die manuskripte bestudeer.

Volgens Diagayété is die res van die wêreld se geesdrif vir die Mali-geskrifte eintlik beperk tot uitstallings, seminare en televisieprogramme.

So, benewens die baanbrekerswerk wat in Chicago en aan die Oslo-universiteit gedoen word, sowel as werk deur tradisionele Moslem-geleerdes in Mali, is die UK se Tombouctou Manuscript Project dié instelling waar die geskrifte éintlik lewend gemaak word.

Mohamed Shaid Mathee, ’n Kaapse student wat besig is met sy doktorale navorsing oor dié geskrifte, sê die uitdaging is om die geskiedenis deur die geskrifte te laat praat.

Hy sê die groot gevaar is dat ’n mens die geskrifte ontleed uit die oogpunt om “groot morele lesse” daaruit te leer.

“Daar is die groot gevaar van oorverromantisering oor die verborge inhoud en ’n ‘nuwe’ storie vir Afrika. Die waarheid is Afrika het nie rekenmetodes of Newton se bewegingswette voortgebring nie… hy het dit nie nodig gehad nie.”

Ja, Moslem-wetenskaplikes het dalk ingewikkelde trigometrie uitgewerk om te weet in watter rigting om na Mekka te kniel, of ongelooflike astronomiese kennis gehad omdat hulle hul gebedstyd en geloofsdatums moes kon vaspen, maar dit is nie waarop die UK-navorsing fokus nie.

“Ons wil mense se alledaagse bestaan ontrafel, hul stryery oor wie die leier moes wees, of oor ’n kameel.”

Hy sê dit is interessant dat mense nooit heeltemal sónder mag was nie – selfs nie, soos wat ’n mens sou verwag, tydens die koloniale tye in Mali nie.

Hulle hét alternatiewe gehad en nie net teruggesit nie; ook die vroue.

Net so wys die manuskripte oor tradisionele medisyne Afrika het dalk nie al die antwoorde gehad nie, maar die mense het medisyne en metodes vir versorging tot hul beskikking gehad.


Die inhoud van die manuskripte strek wyd: Van die prys van ’n slaaf, goud of sout tot juridiese geskrifte, van die Koran, aardrykskunde, wetenskap, geskiedenis, diplomatieke kwessies, planteienskappe, politiek en wiskunde tot poësie en, les bes, seksuele raad.

Die projekspan onder die leiding van die direkteur Shamil Jeppie hoop op volgehoue finansiering vir die projek.

Hul ander tameletjie is geredelike toegang tot die manuskripte. Die reuse-afstand tussen Kaapstad en Timboektoe, asook die Ahmed Baba-instituut se versigtige en jaloerse bewaring van hul kleinood beteken ’n burokratiese rompslomp met die versending van gedigitaliseerde manuskripte.

“As projekte soos ons s’n nie voortgaan nie, is die gevaar dat Timboektoe weer byna in die sand kan verdwyn,” sê Mathee.


Hy sê ’n ander probleem is om studente te kry wat Arabies kan praat én die Islamitiese wette ken om behoorlik te kan interpreteer wat hulle vertaal.

Derduisende kilometers verder noord in Timboektoe eggo Diagayété dié kommer omdat baie seuns wat voorheen Koraanse skole bygewoon het, nou na Franse skole in Mali gaan en nie meer Arabies leer nie.

“Die manuskripte is ’n ander wêreld, en dit is baie moeilik om die deur na daardie wêreld oop te maak. Ons moet geduldig wees,” sê hy.

Daar is die groot gevaar van oorverromantisering oor die verborge inhoud en ’n ‘nuwe’ storie vir Afrika. Die waarheid is Afrika het nie rekenmetodes of Newton se bewegingswette voortgebring nie… hy het dit nie nodig gehad nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 373 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 784 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.85
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
943.30
-0.8%
Palladium
1,021.50
-0.8%
Gold
2,383.80
+0.2%
Silver
28.42
+0.7%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,069
-0.2%
All Share
73,117
-0.2%
Resource 10
62,902
-0.6%
Industrial 25
98,469
+0.1%
Financial 15
15,467
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE