Share

Herman Lategan: Jy moet ipso facto ’n sluwe linguis wees

moffiepropeller s.nw. (skertsend; dikwels neerhalend) strikdas. Samestelling van moffie en propeller, so genoem omdat ’n strikdas deur sommige met verwyfde manlike persone geassosieer word en omdat die vorm daarvan aan dié van ’n propeller herinner.
– Etimologiewoordeboek van Afrikaans (G.J. van Wyk et al)

Ek moes lank dink voordat dié woord van die week gekies is omdat die woord “moffie” met sy stereotipering en vernederende konteks ipso ­facto histories gelaai is.

Dis ’n growwe pejoratiewe kweswoord wat gay mans se menswaardigheid aantas, maar dit hang ook af wie die woord gebruik, in watter omstandighede en die bedoeling daaragter.

In die konteks dus van die onderwerp van vandag se skrywe is dit relevant. In die ou dae (ook nie so lank terug nie) moes baie gay mense hul seksualiteit weens homofobie verbloem, en het hulle dus hul eie, geheime taal, Gayle, ontwikkel.

Dis ’n tipe sleng, ’n kodetaal, veral met ’n knypie humor by. Die woorde bestaan meestal uit vrouename.

Kom ons kyk byvoorbeeld: Tot met die 1980’s kon die polisie gereeld klopjagte uitvoer en mans en vroue in hegtenis neem wat in gay-kroeë of -klubs gekuier het. Jy’s sommer (nogal met die koerantfotograwe by om foto’s te neem) agterin ’n vangwa gegooi en vir die nag toegesluit.

Die volgende dag vertel jy dan, soms met groot genot: “Ag nee, Priscilla (die polisie) het my gister gevang, ek is met Betty Bangles (boeie) daar weg. Ek het amper Milly (mal) geraak ­(terloops, ander Gayle-woorde vir polisieman is Betty Blue of die Dolly-susters).

“Ek moes omtrent my Bettiequette ken (jou “manlike” gedrag sodat die polisieman dink jy’s straight). Maar Priscilla was Beulah (pragtig), jong, en ’n regte Elsie Geselsie (kletskous), en met ’n paar pragtige Lollies (bene) boonop. Ek het nogal gewonder of hy ’n vriend van Dorothy (gay) is.

“By die tronk moes ek ’n sel deel met Roman Rottencrotch (iemand wat onhigiënies is), ek was so bang iets gebeur en ek kry Auntie Aida (vigs).

“En was hy nou Fatima (vet). Hilda! Hildoris! (walglik).

“Nee, ek Leonora (lieg) nie nou nie, lyk ek ­Nora (dom)? Moet nou nie 'n Annemarie Atmos­feer (iemand wat die pret bederf) wees nie.

“Gelukkig was daar ’n hemelhoer en koffiemoffie (vlugkelner), vreeslik Pandora (nuuskierig), met wie ek kon Gail (gesels). Hy’t soos 'n regte Queen of Scotch (groot drinker) gelyk, beslis ’n Dora Queen (suiplap). Ek vermoed hy was ’n Golda (Meir, Jood) van Seepunt.

“Amanda, klap daai lippe! Gil vir tannie (praat)! Moenie net daar staan nie, glo jy my nie? Moet nou nie vervelig soos ’n Aunty Mame (middeljarige man) of ’n éclair queen (baie ryk man) wees nie. Is jy dan nou Geraldine (geriatries)?

“Ek Bella Bash (slaan) jou sommer. Ek is die een wat Debra (depressief) moet wees, nie jy nie. Dink jy ek is ’n Jimmy Dean Queen (rebels)?

“Wag tot môre as ek voor Jennifer Justice (die magistraat) verskyn, dan gaan jy alles glo. Maar nou gaan ek eers Esther Williams (swem).

“Toodle-oo.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 309 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 641 votes
Vote
Rand - Dollar
19.20
-0.2%
Rand - Pound
23.88
-0.2%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
942.60
-0.8%
Palladium
1,012.00
-1.7%
Gold
2,375.60
-0.2%
Silver
28.21
-0.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,786
-0.6%
All Share
72,833
-0.6%
Resource 10
62,747
-0.9%
Industrial 25
97,960
-0.5%
Financial 15
15,413
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE