Share

Ons storie: Orania

Ongewone kombinasies

Die foto’s en profiele hier onder kom uit die boek Orania deur die fotograaf Michael Hammond en profielskrywer Hanlie Retief, uitgegee deur Umuzi.

Orania, sê Hammond en Retief, is ’n dorp van ongewone kombinasies: duisend wit mense en derduisende pekanbome; droë Karoo en die groen soom van die Oranje­rivier; die ideologie van sommige en die opportunisme van ander.

Mense wonder oor Orania. Hoe is dit daar? Watter soort mense bly daar? Is daar toegangshekke? Is dit neo-apartheid? Orania vertel hul storie.

Ben en Corrie: ‘Welkom, sit, biertjie?’



“Kom, kom, welkom. Sit. Biertjie? Kyk nou net die lekker braaitjie wat ons hier op ’n Sondagmiddag maak,” nooi Ben Fourie. Sy vrou, Corrie:

“Dis ons hondjies. Sheila, Angel en Sussa. En daar by die deur is Gogga, ons African Grey. Hy’s te ougat. Ek gaan julle nou-nou wys hoe soen ek en daai papegaai mekaar oopbek!”

Ben: “Ons hoort hier in Orania, in ons eie kultuur. Ons het klaar ons plekke in die begraafplaas bespreek. Van Driedoringlaan gaan ons reguit na graf nommer 9. Ek en Corrie word bo-op mekaar gebêre. Daar gaan ons rus.”

Gabriël: ‘Perde is in my’



Gabriël van den Berg is Orania se “perdekapelaan”. Hy het sy springbokvelonderbaadjie self gemaak. Voor is daar ’n Velcro-strook om dit vas te maak. Dis vir hom makliker as knope, want sy regterkant sukkel nadat hy ’n paar jaar gelede ’n erge perdry-ongeluk gehad het.

Sy ouers bly in Tasmanië, en nou bly hy hier op die kleinhoewe buite Orania met sy agt perde en sy een swaan. Die swaan het ook ’n ongeluk gehad. Sy regtervlerk is lam.

In die kampie staan twee perde wat hy besig is om in te breek. “Die perde het wild hier aangekom. Hulle is nou drie weke by my. En hulle is klaar mak. Ek het al baie perde ingebreek. Baie! Baie! Baie! Perde is in my.”

Oom Kokkie: Kort en kompak



Kort, kompak, in Tarzan-velskoene, staan oom Kokkie de Kock langs die historiese bakoond. Sy hande is grof, sy bry ryk en rond.

Ses en twintig jaar lank was hy een van die kwaai poliesmanne in Montagu. Die misdadigers het voogg hom ggootgewoggd, hom later gekoggel op die sypaadjie.

Nou bly hy en die vrou liewer hier in Orania.

Hy is kurator van die museum en hier neem hy jou met ensiklope­diese treë deur “ons volk se geskiedenis”.

Die bekende Felix Lategan-gedenkversameling, met meer as 400 wapens, word hier gehuisves. Van oral oor die land stuur mense ougoed – Africana – vir bewaring.

Derik: ‘My ma was my eerste pasiënt’



“Agt maande lank het ek van dorp tot dorp geswerf en werk gesoek,” vertel Derik Jansen van Rensburg. “Hier en daar kon ek mense se huis skoonmaak om te oorleef. En toe vertel ’n trokdrywer my van Orania en Elim, die woonkwartiere vir ongetroude mans.

“Toe ek laas jaar hier kom, het ek net die sak op my rug gehad. Ek het in ’n baie klein kamertjie gebly, toe geskuif na ’n groter kamer en nou’t ek opgegradeer na ’n woonstel. Weet jy hoe lekker is dit om ’n eie toilet te hê?

“Almal kom drink by my koffie hier in Elim. Ek hardloop maklik deur twee blikke Ricoffy ’n week. Dis lekker, selfs die nuwe ouens raak meer op hul gemak. Ons leer mekaar verstaan.

“Ek het ook ’n ondersteuningsgroep hier begin sodat mense oor hul probleme kan gesels. Baie mense voel onseker oor hul werk, of hul probleme ná egskeidings soos as die eks-vroue nie wil hê hulle moet die kinders sien nie.

“Ek is nog my lewe lank alleen, en was al die jare ’n versorger van ou en siek mense en ek het by ouetehuise gewerk. Nou werk ek by die Oewer-hotel, waar ek die kamers skoonmaak.

“Dis lekker rustig hier. Ek kry kans om aan te gaan met my stokperdjie: hekel. Ja hékel!

“Ek hekel al vandat ek 11 is. As my ma haar hekelwerk neersit, het ek skelmpies aangegaan. Só’t ek geleer en ek kan enigiets hekel, tot sweetpakke vir vroue.

“As mens ou tannies versorg, leer hulle jou allerhande dinge soos klere ontwerp, vrugte inlê, koek bak, konfyt kook – jy kan my niks daarvan leer nie.

“My ma was my eerste pasiënt, dis hoe ek in versorging beland het. Ek sou dieselwerktuigkundige geword het. Maar op 16, toe word Ma siek, en ek het haar versorg tot die dag dat sy weg is...

“In die 29 jaar wat ek versorging gedoen het, het ek seker omtrent 60 begrafnisse bygewoon. Jy sit 24 uur langs die bed en waak, en dis waar jy sit en hekel, dit hou jou wakker. Ek ken al die tekens van die naderende dood. Dis asof hulle skielik helderder raak van verstand en hulle vra na mense. Dan weet ek dis nou enige tyd.

“Ek glo daar is ’n God. As daar nié ’n God was nie, het ek nie nou hier gestaan nie. Ek was ’n alkoholis, en was twee weke lank bewusteloos in die hospitaal. Hulle het my breindood verklaar, en net voordat hulle die masjiene wou afsit, het ek my oë oopgemaak.

“Mens skrik wakker daarna en jy besef jy is nie alleen nie. In my agt swerfmaande is daar altyd voorsiening vir my gemaak, die Here het nooit dat ek honger gaan slaap nie.”

Jackie: ‘Ek’s trots’


Jackie de Buys groet ons by die deur. Die wind waai stof op. Sy leun teen die kosyn. Ou Suid-Afrika wapper op haar maag. Sy’t tien rand vir hom betaal.

“Ek het eendag in ’n boks by Die Trommeltjie gaan krap en heel onder in die boks, toe sien ek daar lê hy. En ek wens, ek hoop dis my size. En toe is dit.

“Ek is trots om hom te dra. Kyk, ek is nie rassisties nie, maar tog, ek is nog steeds trots om hom te dra.”




We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What do you think of the DA's controversial TV ad depicting a burning South African flag?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Effective - they hit the nail on the head
80% - 8 votes
Tone-deaf - they crossed the lined
20% - 2 votes
Vote
Rand - Dollar
18.43
+0.2%
Rand - Pound
23.08
+0.2%
Rand - Euro
19.85
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
997.50
+1.3%
Palladium
980.75
+1.0%
Gold
2,364.92
+0.9%
Silver
28.20
-0.4%
Brent Crude
83.88
+0.4%
Top 40
72,181
+1.2%
All Share
78,464
+1.2%
Resource 10
63,450
+2.5%
Industrial 25
108,579
+0.4%
Financial 15
16,955
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE