Share

Weste moet vrede bring

Die oplossing vir die Gaza-probleem is in die hande van Brittanje en Amerika, argumenteer Zubeida Jaffer.

Die krisis in Gaza het sy wortels in die eerste helfte van die vorige eeu.

Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog hetlord Arthur Balfour, Britse minister van buitelandse sake, ’n verklaring opgestel wat die moontlikheid van ’n Joodse tuisland in Palestina erken.

Destyds was 90% van die mense in dié streek nie-Joods.

Britse liberale het geglo dat Jode historiese onregte aangedoen is en dat die Weste ’n verantwoordelikheid het om ’n Joodse staat te help moontlik maak. Sionistiese aktiviste het die verklaring help opstel wat toe voor die Britse parlement gedien het.

Sommige navorsers meen die verklaring was nooit bedoel as ’n erkenning van ’n eksklusief Joodse staat nie, maar die idee was dat die Jode ’n tuisland skep waar hulle saam met Palestyne en ander Arabiere bly – die mense wat sowat 2 000 jaar reeds inwoners van dié gebied is.

Toe Palestyne in die 1930’s teen die idee van ’n Joodse staat begin protesteer, is hul protes deur Britse en Joodse magte onderdruk. Kort daarna het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek en die misdadige optrede van die Duitse Nazi’s het die aggressiewe massa-migrasie van Jode na Palestina tot gevolg gehad.

In 1948, drie jaar ná die einde van die oorlog, het Israel, met die hulp van Brittanje en ander hoofsaaklik Europese lande sy onafhanklikheid verklaar.

’n Studie van die Britse geskiedenis dui op ’n paar historiese onregte wat hul oorsprong in die Britse parlement het.

Neem ons eie land, byvoorbeeld.

Die Britse Ryk het nie ’n vinger gelig toe die Britse en Hollandse setlaars in 1910 ’n ooreenkoms bereik het om die land oor te neem – “steel” is ’n beter woord – en die meerderheid van die land se inwoners uit te sluit van regte in die land van hul geboorte nie.

Voor uniewording in 1910 het die Britte duisende Afrikanervroue en -kinders in konsentrasiekampe gesit om die Boere op hul knieë te dwing.

En selfs vroeër het hulle Cecil John Rhodes baie vrolik aangemoedig om ons diamante vir Brittanje te neem en plaaslike myners in bewaakte kampe gesit om te keer dat hulle ook diamantregte verkry.

Só kan ’n mens aangaan.

Maar dié artikel handel nie oor ons nie – dit gaan hier oor Palestyne en ­Israeli’s.

Suid-Afrika is ’n vriend van veral Palestina. Oudpres. Nelson Mandela het herhaalde kere dié punt gemaak en daarop aangedring dat Suid-Afrika by sy vriende staan. Terselfdertyd het hy erken dat Israel bestaansreg het.

Te veel water is onder die brug deur sedert Mandela en sy party in 1991 tot hierdie gevolgtrekking gekom het. Hoe benader ’n mens nou die krisis?

Dit is veral nuttig om duidelik te wees oor dit waarteen ons protesteer.

Net soos ons teen apartheid geveg het en nie teen wit mense nie, veg ons hier teen Sionisme en Israeli-besetting en nie teen die Jode nie.

Verlede week se protes in Londen was fenomenaal en het hopelik ten dele geïllustreer dat die Britse mense hul aandeel in die probleem erken.

Vroeër jare het hul regering die Israeli’s bygestaan in die onderdrukking van onrus. Dit was die Britse regering wat Jode oor die wêreld heen die reg gegee het om hulle in Palestina te kan vestig.

Die duisende mense wat verlede Saterdag van Downingstraat na die Israelse ambassade opgeruk het, het Israel as ’n terroristestaat uitgejou en die Britse premier, David Cameron, gestriem vir sy steun vir Israel se reg om hom teen Hamas te kan verdedig.

Die afgelope naweek het pres. Barack Obama “ernstige kommer” uitgespreek oor die stygende dodetal in Gaza. Dit het hom lank geneem om by hierdie punt te kom.

Diegene wat die meeste baat vind uit al dié drama is die reuse-wapenbedryf in albei lande. Sing hy hul deuntjie?

Sal sy gesant John Kerry beslis optree of sal Amerika weer weifel?

Dit is een van die grootste buitelandse toetse vir Obama se presidentskap. As hy op dieselfde manier optree as sy voorgangers sal dit een van sy grootste skandes wees. Hy sal sy status herbevestig as ’n afvlerk-president – wat baie van ons hoop hy nié is nie.

Interessant genoeg het duisende mense ook die afgelope naweek in die strate van Chicago, Obama se tuisstad, betoog.

Duisende het ook in New York saamgetrek. Dit is geen geheim dat Amerika die grootste politieke invloed oor Israel het nie. Dit beteken nie dat die res van ons oor die wêreld heen nie ook moet protesteer nie.

Ons moet egter besef dat in die geval van hierdie weerbarstige politieke kwessie dit, vreemd genoeg, die mense van Brittanje en Amerika is wat die mag in hul hande hou om die slagting en die besetting te stop.

Mag hulle in Londen en Washington kampeer om te keer dat die donkerte ons oorval en sodat Israelse soldate huis toe kan gaan na hul ouers en vroue toe en dat Palestynse kinders veilig kan slaap.

Miskien sal hulle dan uiteindelik kan begin met die proses om die spoke van twee wêreldoorloë te begrawe.

Zubeida Jaffer is skrywer-in-residensie aan die Universiteit van die Vrystaat.

 

Hiwate, dogter van die Israelse soldaat Bayhesain Kshaun, treur oor die dood van haar pa op sy begrafnis Dinsdag in die dorp Netivot. | Foto: Nir Elias, reuters

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 475 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1042 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE