Share

Lekker én maklike geregte

Baie lesers sal Nina Timm ken vir haar gereelde kospraatjies op RSG. Sy is ook die skrywer van die kosblog, myeasycooking.

Nina is ’n ma en sy weet dus dat die moeder des huise alewig op soek is na maklike, bekostigbare én lekker resepte. Daarvan is haar nuwe kookboek, Maklike maaltye uit Nina se kombuis, propvol.

Ek het onlangs by Nina gaan inloer en ’n bietjie gesels oor dié nuwe boek:

Die boek lyk pragtig, vertel ons meer.
Maklike maaltye uit Nina se kombuis is nie net ’n resepteboek nie, dit is ’n lekker leesboek met kosstories wat jou aan jou kinderjare sal herinner. Ons almal het herinneringe van ons ma’s en oumas se kombuise en ek wou dit skryf vir my kinders en hul kinders sodat die kosbare herinneringe vir die nageslag bewaar kan bly. Terselfdertyd het ek die ou resepte afgestof en vir hulle makliker en ligter baadjies aangetrek sodat die besige ma’s en haastige kokke ook daaruit kan kook.

Die hoender op die voorblad lyk te lekker. Hoe het jy besluit op dié foto?
Die hoender het eintlik nogal ’n interessante storie. Ons het glad nie ’n idee vir die voorblad gehad nie, maar ons het geweet een foto sal uitstaan terwyl ons die geregte afneem. Toe neem ons eendag ’n beesfiletslaai af en ons almal kyk vir mekaar en skree gelyktydig “ons het hom, ons het hom”.
Die bemarkingspan het daarna gekyk en besluit die beesfiletslaai dra nie die idee van ’n “maklike ete” oor nie.
Daarna het ons besluit om die lekker brosgebraaide hoender af te neem. En wat ’n wenner!

Wat is jou gunsteling-resep in die boek?
Toe ek vir ’n laaste keer deur my manuskrip blaai, het ek skielik besef: “Nina, jy het ’n regte vleislus. Waar in die lewe het jy al sulke groot stukke vleis gesien?”
So ja, die kat is uit die mou, ek is mal oor vleis, miskien omdat ek altyd as kind so gefassineerd was wanneer my pa ’n slagding bewerk het.
Ek beplan altyd ’n maaltyd rondom die vleis en as ek so gelukkig is om ’n groot stuk beesvleis, ’n lamsboud uit die Ka­roo of ’n varkpens in die hande te kry, nooi ek onmiddellik mense vir ete.
Maar as ek moet kies, kies ek loshande die oondgeroosterde varkpens.
Eenvoudig, maar heerlik!

Nina Timm se oondgeroosterde varkpens

Bestanddele:
1,2 kg stuk varkpens, ontbeen
15-20 ml heel koljanderkorrels
15-20 ml sout
10 ml grofgemaalde peper

Metode:
Sny die vetbolaag deur die vet tot teenaan die vleis in snitte. Voorverhit die oond tot 180°C. Skroei die koljandersade in ’n warm pan en maak fyn in ’n koffiemeul of met ’n vysel en stamper. Meng nou die sout, peper en koljander en vryf dit oral oor die varkpens en tussen die vetgleuwe in. Plaas die varkpens op ’n draadrak in ’n oondpan en rooster minstens twee uur lank.
Die varkvet moet bros en die vleis gaar en sag wees wanneer jy dit met ’n vurk steek. Sit voor met aartappel, gebakte botterskorsie en ’n heerlike groen slaai. Lewer 6 porsies.

* Maklike maaltye uit Nina se kombuis deur Nina Timm word gepubliseer deur Struik Lifestyle en kos R210.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 408 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 860 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
+0.4%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
942.10
-0.9%
Palladium
1,024.50
-0.5%
Gold
2,393.34
+0.6%
Silver
28.77
+1.9%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE