Share

Resep: Totsiens aan my renons in skons...

Ek het 'n renons in skons.

Jip, ek het dit nou gesê en julle skon (botterbroodjie)-aanhangers en al die dames van die VLV kan my nou maar kasty soos julle wil, maar vir my was dit nog altyd 'n onaangename, droë en swaar gedoente.

Ma het altyd die Kook en Geniet se resep gebruik en ons weet almal dit is die vier teelepels bakpoeier op die twee koppies meel wat die droogheid veroorsaak. Dié bloudruk-skonresep is vir my een van daardie resepte wat Jan van ­Riebeeck en sy maters maar gerus in ­Europa kon agtergelaat het.

'n Skon is net eetbaar as dit warm uit die oond kom, gesmeer met 'n dik laag botter wat in die droogheid moet insmelt, opgetop met  'n skaamtelose hoeveelheid appelkooskonfyt en afgerond met baie room. En dan het ek nog twee koppies tee nodig om dit af te sluk!

Tot verlede Saterdag, toe 'n eksentrieke, vrolike Brit, Lucy, my 'n rooi-goud bordjie met 'n  skon, 'n sweempie tuisgemaakte konfyt en ’n groot bondel van haar clotted cream in die hand stop.

Ek het dié teetafelstalletjie-eienares by die Palms Market met 'n groot glimlag bedank, maar my hart het in my maag gaan sak en my kiewe het saamgetrek. My grootste nagmerrie. Sy het my stilletjies dopgehou en ek moes dit noodgedwonge probeer. Ek het skepties en huiwerend 'n klein happie van die petit duo afgeknibbel... en tot my absolute verbasing het my erge renons in skons stadig maar seker begin wegsmelt.

Nie oortuig daarvan dat ek my skon-renons heeltemal afgeskud het nie, het ek besluit om ons eie Tannie Poppie te vra vir haar uithaler- skonresep. Sy het baie vinnig laat weet: “Lovey, vat 500 g bruismeel, 250 ml vars room en meng goed. Voeg 330 ml (’n blikkie) Sprite by, meng deur en gooi in ’n groot kolwyntjiepan. Bak 12-15 min teen 200 °C tot gaar. Smelt in die mond. Laat weet asseblief hoe dit uitgekom het.”

Ek kon natuurlik nie my verbasing en opgewondenheid oor die eenvoudige ­Sprite-storie beteuel nie en 'n uur later het ek met 'n warm Tannie Poppie- ­Sprite-skon in die hand gestaan. Ek moet byvoeg ek het 'n teelepeltjie sout by Tannie Poppie se resep gesit en o, my genade... was dit nou lekker! Dit was nie droog of swaar nie, dit was veerlig, het gesmelt in die mond en was blitsvinnig om te maak. Al wat ek kan sê is: Dit is revolusionêr, onkonvensioneel en jy rock, Tannie Poppie!

Goed, ek weet Tannie Poppie se skons is nie die tradisionele bloudruk-skons nie, so ek moes gaan kers opsteek by ons eie Boerekos-koningin, Dine van Zyl. Met haar flatervrye skonresep aangeheg, laat weet Dine: “Hierdie skons kom van die formidabele kosskrywer Betsie Roodt. Die tekstuur is fyn en die geur hemels. Jy moet met ligte, koel vingers werk as jy skondeeg aanmaak, jy is nie besig om dagha te meng nie.”

Reg so, Dine, ek sal dit onthou – veral die dagha-meng storie!

Maar hoekom is party skons swaar en droog? Elizabeth Cloete van die VLV het vir my die antwoord:

Plat en swaar skon: Deeg te styf, swak verhouding van bestanddele, te veel geknie.

Grof en droog: Te lank gebak, te min of te veel rysmiddel, swak mengmetode.

En as julle wil skou-teeskons bak, hier is waarna die VLV beoordelaars kyk:

Die fatsoen: Rond en klein, 35 tot 40 mm in deursnee of vierkantig.
Hoogte: 35 tot 40 mm.
Bokors: Dit moet sag wees en 'n egalige neutbruin kleur hê. As die mengsel eier bevat, mag daar eier wat met water verdun is, bo-oor gesmeer word voordat dit gebak word.
Drukker: Dit mag met ’n riffeldrukker gevorm word.
Die tekstuur: Sag en veerkragtig. Hier word dikwels gepraat van ’n veertjietekstuur.
Smaak: Die smaak moet aangenaam wees en nie te soet wees of ’n eier-smaak hê nie.

Daar het julle dit nou. Die geheime van die perfekte skon wat van enige persoon 'n aanhanger sal maak.

Groete uit my kombuis,
Anél

Dine van Zyl se flatervrye skons

(Resep uit Agter die lekker aan deur Dine van Zyl)

500 ml (2 koppies) koekmeel
15 ml (1 eetlepel) bakpoeier
2,5 ml (½ teelepels) sout
10 ml (2 teelepels) suiker
60 ml (4 eetlepels) sagte botter
1 eier
125 ml (½ koppies) room of karringmelk

Meng al die droë bestanddele en sny die botter met ’n?slaplemmes in. Klits die eier en room of karringmelk en meng met die droë bestanddele. Doop jou hande in meel sodat die deeg nie daaraan klou nie (die deeg is nogal slap). Verdeel in ses en sit in skonpan. Glaseer met karringmelk of eier (ek gebruik die bietjie wat oor is in die bakkie waarin die eiermengsel geklits is). Bak 15 tot 20 minute lank teen 220 °C.

*  Anél se bekroonde kosblog is te lees by ­lifeisazoobiscuit.com.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 241 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 484 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.3%
Rand - Pound
23.91
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.33
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.4%
Platinum
949.20
-0.1%
Palladium
1,023.50
-0.6%
Gold
2,383.93
+0.2%
Silver
28.32
+0.3%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,581
-0.9%
All Share
72,637
-0.9%
Resource 10
62,770
-0.8%
Industrial 25
97,324
-1.1%
Financial 15
15,400
-0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE