Share

Vaarwel, my grote vriend

Totsiens, ou vriend.

Dit was 'n baie hartseer week vir my en Suid-Afrika. My vriend Sarel van Sabie, 'n baie unieke kosstem in ons land, is onverwags oorlede.

Sarel het ontsaglik baie vir my beteken.

Met sy kenmerkende ban­dana om die nek, die mooiste, grootste glimlag en met 'n botteltjie wyn onder die arm het hy altyd met 'n klein gehuurde karretjie voor ons deur stilgehou wanneer hy in die Kaap was. Ons kon dan vir ure gesels oor kos, die lewe en ons passies. My vriend was 'n nederige man en hy het ongelooflik baie vir ander mense beteken juis omdat hy meer aan hulle as aan homself gedink het.

Sarel was 'n gesinsman en was baie lief vir sy vrou, Lieze, en hul kinders. Hy het altyd 'n staaltjie gehad om te vertel van wat by die huis aangaan.

Sarel het ook 'n lekker sin vir humor gehad. As dominee het hy altyd vir my (wat lief is om 'n paar swetswoorde te gebruik en baie lief is vir my wyn) gesê: “Nella, ek gaan jou in die hemel in-bid.”

Hy het natuurlik 'n groot en aansteeklike geesdrif vir kos gehad wat hy met die hele land gedeel het, en het baie bereik in sy kort lewe. Hy laat nou 'n groot leemte in die Suid-Afrikaanse koswêreld en in my lewe, maar ek is baie dankbaar dat ek hom geken het.

Vandag kook ek my Sondagmaal vir jou, ou vriend. Jou familie, vriende en Suid Afrika groet jou – en ek hoop jy kook nou vir die MasterChef daar bo.

Rus in vrede, Sarel van Sabie.


Sarel Loots en Anél Potgieter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 482 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1066 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE