Share

Charlie Chaplin ramkat in bed

As jy die naam Charlie Chaplin hoor, dink jy dadelik aan die kort komediant met die swart snorretjie, bolkeil op die kop en kierie in die hand.

Maar in ’n nuwe boek word nou onthul dat Chaplin, wat nie eintlik van die skoner geslag gehou het nie, meer as 2 000 vroue bed toe gesleep het.

Hy het blykbaar ook ’n obsessie met jong meisies gehad – en hulle almal baie sleg behandel.

Peter Ackroyd skryf in Charlie Chaplin die akteur het vroue nooit vertrou nie. Chaplin, wat op Kersdag 1977 oorlede is, het wel gereeld gespog oor sy slag met vroue en hoe hy tussen die lakens baljaar het.

Die feit dat hy in sy middel- 20’s ongekende sukses met sy flieks behaal het en een van die herkenbaarste mans ter wêreld was, het sy vlerkslepery ’n verdere hupstoot gegee. Al was sy kop net te groot vir sy tenger postuur en kort lyfie, was hy steeds aantreklik vir vroue.

Toe hy in 1926 in ’n onderhoud met Vanity Fair gevra is om sy ideale vrou te beskryf, het hy gesê: “Ek is nie juis verlief op haar nie, maar sy is tot oor haar ore toe verlief op my.”

Chaplin het van die een verhouding na die volgende gegaan, meestal met vroue jonger as 18. Sy eerste vrou, Mildred Harris, was net 16 jaar oud toe sy Chaplin in 1918 ontmoet het.

Ná hul troue het sy gekla: “Charlie het met my getrou en toe van my vergeet.” Sy het ook gekla hy was kort van humeur. Hulle is twee jaar later geskei.

Een van sy buite-egtelike verhoudings was met Peggy Hopkins Joyce, ’n fortuinsoeker wat met vyf miljoenêrs getroud was.

Nog ’n verhouding wat die tonge laat klap het, was sy hofmakery van Lita Grey (15). Hy het vir haar ’n rol in sy trefferfliek The Gold Rush gegee.

In die middel-1940’s was Chaplin in verskeie hofsake gewikkel wat sy openbare beeld negatief beïnvloed het. Die moeilikheid het ontstaan uit sy affair met Joan Barry, ’n aspirant-aktrise. Sy was obsessief en is twee keer in hegtenis geneem nadat sy en Chaplin uitmekaar is.

Chaplin was vier keer voor die kansel, waarvan drie huwelike in die skeihof geëindig het.

Saamgestel deur Karin Burger. Bron: Daily Mail.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 426 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 903 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE