Share

Era eindig met dood van laaste singende Von Trapp

Maria Franziska von Trapp (99), die laaste oorlewende lid van die sewe broers en susters wat verewig is in die musiekblyspel en rolprent The Sound of Music, is die afgelope Dinsdag by haar huis in Stowe, Vermont, in die VSA oorlede.

Sy was die derde oudste kind van baron Georg von Trapp en sy eerste vrou, Agatha, wat in 1922 aan skarlakenkoors oorlede is.

Omdat Maria self aan skarlakenkoors gely het, moes sy uit die skool gaan en tuisonderrig ontvang. Hiervoor is die geestige non Maria ­Kutschera deur Von Trapp as goewernante aangestel.

Kutschera hét, soos haar karakter in die rolprent (vertolk deur Julie ­Andrews) met ’n lelike rok aan en ’n kitaar onder die arm by die Von Trapps se weelderige landgoed opgedaag soos dié treffer-rolprent van 1965 dit voorgestel het.

Anders as in die rolprent, was die baron nie die streng fluitjieblasende karakter wat vrees by sy sewe kinders in hul matroospakkies ingeboesem het nie. Hy is deur sy kinders onthou as ’n liefdevolle man wat baie tyd saam met hulle deurgebring het.

Hoewel Kutschera haar bedenkinge gehad het toe Von Trapp die jawoord vra, het sy nogtans ingestem en die baron en die goewernante is in 1927 getroud.

In haar outobiografie het Kutschera-Von Trapp later geskryf: “I really and truly was not in love. I liked him, but didn’t love him. However, I loved the children, so in a way I really married the children. I learned to ­love him more than I have ever ­loved before or after.” Sy was gebroke toe hy in 1947 aan longkanker oorlede is. (Sy is eers in 1987 op ’n rype 82 aan hartversaking oorlede.)

’n Stukkende hart het egter nie haar gees gebreek nie. Vir die volgende 40 jaar het sy letterlik en figuurlik die kitaar geslaan, deur dik en dun.

Danksy ’n musiekblyspel en die latere rolprent het die gesin internasionale roem verwerf. Hulle het ’n ski-oord, die Trapp Family Lodge, in Vermont begin en bemark. Weens ’n bank-ineenstorting in die laat 1930’s het die gesin alles verloor. Hulle het weer welgesteld geword, maar in 1980 was daar nog ’n terugslag toe die ski-oord afgebrand het.

Die afgelope week, met die heengaan van Maria Franziska von Trapp, is ’n era weliswaar verby, maar die heuwels in Vermont en die wêreld deur bly springlewendig met die nalatenskap van haar en haar wêreldbekende gesin.


Die Von Trapps van die rolprent.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 2216 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
3% - 87 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
9% - 224 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.0%
Rand - Pound
23.72
-0.2%
Rand - Euro
20.31
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.26
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
953.00
+0.0%
Palladium
1,036.50
+0.1%
Gold
2,379.71
+0.8%
Silver
28.46
+0.8%
Brent-ruolie
87.29
-3.1%
Top 40
66,869
-0.1%
All Share
72,942
-0.1%
Resource 10
62,824
-0.9%
Industrial 25
98,005
+0.2%
Financial 15
15,428
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE