Share

Koning noem lughawe na homself

Noem hom eerder “koning Narcissus” as koning Mswati, sê kritici nadat Swaziland se “internasionale” lughawe Vrydag amptelik na dié land se vors genoem is.

Die Koning Mswati III- Internasionale Lughawe het Swaziland al sowat $280 miljoen (sowat R3 miljard) uit die sak gejaag sedert bouwerk 11 jaar gelede begin het.

“Die koning dink mense het bekende lughawens soos O.R. Tambo na hulself genoem,” het Lucky Lu­khele, woordvoerder van die Swaziland Solidariteitsnetwerk, gister gesê.

“Ek dink nie hy besef hierdie mense is deur ander vereer nie.”

Maar Percy Simelane, ’n regeringswoordvoerder, ontken die koning het ’n ydel streep. “Ek het dan self na sy toespraak geluister waarin hy gesê het hy moes ‘diep nadink oor die idee’ nadat sy adviserende komitee met die voorstel gekom het.”

Om internasionale verkeer na Swaziland te lok, het Simelane gesê deel van die bemarkingstrategie kan wees om te beklemtoon dit is gesonder om dáár te land as in Johannesburg omdat die lug skoner is.

“Ons gaan nie bemarkers aanstel wat vir O.R. Tambo werk nie. Ons gaan ons eie mense hê,” het Simelane gesê.

Daar is nog nie ’n datum bepaal wanneer die eerste vlugte sal opstyg en land by die nuwe lughawe nie.

“Dit sal op die meeste nog ’n jaar wees. Ek sal eerder sê maande,” het Simelane gesê. Simelane wou nie sê wie die lugdienste is wat belangstel om die lughawe te gebruik nie.

Die enigste lugdiens wat tans Swaziland toe vlieg, is SAL se Airlink.

AFP berig die lughawe het nog glad nie ’n lisensie by die Internasionale Lugvaartvereniging (Iata) gekry nie en lugdienste staan allermins tou die lughawe te gebruik.

Simelane het gesê die lughawe sal die land ’n ekonomiese inspuiting gee.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 928 votes
No! It's time to move on ...
33% - 452 votes
Vote
Rand - Dollar
18.83
+1.0%
Rand - Pound
23.51
+1.2%
Rand - Euro
20.14
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.3%
Platinum
921.70
-0.4%
Palladium
958.00
-3.3%
Gold
2,334.39
+0.1%
Silver
27.22
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE