Share

Maleisiese vlug skielik nie op radar

Beijing. – Twee mans wie se name op die passasierslys van die vermiste Vlug MH370 verskyn, was nooit op die vliegtuig nie, maar vliegkaartjies is in hul name uitgereik en gebruik.

Die Oostenryker en Italianer se paspoorte is in die afgelope twee jaar in Thailand as gesteel aangemeld. Hul ambassades het bevestig hulle is veilig tuis.

Aangrypende tonele het hulle Saterdag op die Beijing-lughawe afgespeel waar families van passasiers angstig gewag het op nuus oor die Boeing 777-200ER van Malaysia Airlines.

Vlug MH370 het Vrydag om 20:41 (Suid-Afrikaanse tyd) van ­Kuala Lumpur in Maleisië opgestyg en sou agt uur later in Beijing, China, land.

Dit het twee uur ná die opstyging oor die Suid-Chinese See van die Subang-lugbeheertoring in Maleisië se radarskerms verdwyn.

Die vermoede bestaan dat dit met 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord in die see naby die Viëtnamese kus neergestort het.

Voor dit het die bemanning nog geen kontak met Chinese lugbeheer gemaak nie, klaarblyklik omdat die vliegtuig nog gevlieg het in ’n gebied wat onder Viëtnamese lugverkeer val. Teen gistermiddag (Suid-Afrikaanse tyd) het die lugdiens met die hulp van soek- en reddingspanne van Maleisië en ­Viëtnam steeds gesukkel om die presiese ligging van die vliegtuig te bepaal.

“Ons het geen idee waar die vliegtuig tans is nie,” het Fuad ­Sharuji, adjunkpresident van die Maleisiese lugdiens se operasie­beheer, gesê.

Vlieëniers van die Viëtnamese lugmag het wel twee oliestortings opgemerk wat soortgelyk is aan die storting van brandstof van vliegtuie wat neerstort. Die stortings van tussen 10 en 15 km lank elk is by die suidelike punt van Viëtnam.

Die Maleisiese lugdiens het gister ’n span professionele beraders na Beijing gestuur om die families van passasiers by te staan.

Volgens ’n lys wat deur die lugdiens uitgereik is, was daar passasiers van 14 verskillende nasionaliteite aan boord.

Die bemanning is almal Maleisiërs.

Volgens dié lys was geen van die passasiers Suid-Afrikaners nie.

- Julian Jansen, Reuters, CNN, The ­Guardian
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 937 votes
No! It's time to move on ...
33% - 454 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.11
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.28
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.60
-0.3%
Palladium
959.50
-3.1%
Gold
2,336.57
+0.2%
Silver
27.26
-0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE