Share

Nigerië: Vier meisies ontsnap

Vier van die meer as 200 skoolmeisies wat Boko Haram verlede maand van ’n skool in Chibok, in die noordooste van die provinsie Borno ontvoer het, het glo daarin geslaag om te vlug en is met hul families herenig.

Bana Lawan, voorsitter van die Chibok- plaaslike owerheid, het Woensdag aan die Nigeriese media gesê die meisies het hul aanhouers ontvlug.

Die families van die meisies het nie die regering van hul ontvlugting in kennis gestel nie, het Lawan gesê.

’n Ongeïdentifiseerde senior amptenaar in Borno het die afgelope week aan Reutersgesê 53 meisies het vroeër ook uit aanhouding ontsnap.

Daar is dus nou nog 164 meisies wat gevange gehou word, het die bron gesê. 221 meisies is middel April deur dié terroristegroep ontvoer.

Boko Haram dreig om die meisies te verkoop as die Nigeriese regering nie hul kamerade, wat in die land aangehou word, vrylaat nie.

Die Nigeriese militêre hoof, lugmaarskalk Alex Badeh, het Dinsdag gesê amptenare weet presies waar die meisies aangehou word.

Erika Gibson berig die meisies is klaarblyklik met die hulp van hoogs gesofistikeerde onbemande vliegtuie opgespoor.

Badeh het aan Radio Nigerië gesê hy het goeie nuus vir die kinders se ouers.

“Ons weet waar hulle is, maar ons kan nie te veel daaroor sê nie. Ons weermag kan hulle terugkry, maar ons sal hulle nie doodmaak in pogings om hulle terug te kry nie.”

Sowat 20 000 Nigeriese soldate is gemobiliseer om met die hulp van Westerse tegnologie die operasie van stapel te stuur.

Die VSA verskaf die meeste van dié onbemande en bemande vliegtuie, terwyl Frankryk, Brittanje en China ook help.

Die VSA se Afrika-bevelspos het gesê al sy vliegtuie is onbewapen en word net in ’n verkenningsrol aangewend.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 538 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 767 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.82
+0.4%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE