Share

Oekraïne: Tweede Koue Oorlog?

Vrese van ’n nuwe Koue Oorlog, of selfs ’n Derde Wêreldoorlog, is gister in die internasionale media uitgespreek nadat Oekraïne, die VSA en Rusland vir mekaar gegrom het oor laasgenoemde se oënskynlike militêre inmenging in die Krim-skiereiland.

Die spanning het laat gister verder opgebou toe die Russiese parlement se hoërhuis president Wladimir Poetin se versoek goedgekeur het om troepe na dié strategies belangrike gebied in Oekraïne te stuur – glo om Russiese burgers en militêre personeel te beskerm.

Die Krim het die fokuspunt van die krisis in dié buurstaat van Rusland geword toe ongeïdentifiseerde gewapende mans twee lughawens én die streeks­parlement beset het.

Arseni Jatsenjoek, Oekraïne se pas aangestelde premier, sê die soldate is van Rusland en die “besettings” is ’n “onaanvaarbare uitlokking”.

Rusland voer op sy beurt aan die Oekraïnse regering het vroeër gewapende magte gestuur om die gebied se kantoor vir binnelandse sake te beset en só die gebied te destabiliseer. Die Krim is vir Rusland strategies van kardinale belang. Sy westerse vloot is hier in die Swart See-hawestad Sewastopol gestasioneer en dis ook die enigste streek in Oekraïne waar die meerderheid van die bevolking etniese Russe is.

Die jongste verwikkelinge volg op weke se bloedige onluste in veral die Oekraïnse hoofstad, ­Kiëf.

Wiktor Janoekowitsj, die land se president, moes die hasepad kies. Hy skuil nou in die Russiese stad Rostof-aan-die-Don.

Hoewel Janoekowitsj se uitsetting elders in Oekraïne se Russies-sprekende oostelike dele aanvaar is, glo kenners Jat­senjoek sal sukkel om inwoners van die Krim te oortuig om hom te steun.

Oekraïne se probleme het in November begin toe Janoekowitsj ’n handelsoorkeenkoms met die Europese Unie van die hand gewys het om die land polities eerder nader aan Rusland te posisioneer.

Die omvang en erns van die spanning het nou verder gestalte gekry in die VSA se besluit om Rusland openlik te roskam oor sy inmenging in die streek.

“Ons is nou diep bekommerd oor aanduidings van militêre bewegings wat die Russiese Federasie in Oekraïne onderneem het,” het pres. Barack Obama van Amerika gister gesê. “Die VSA sal saam met die internasionale gemeenskap staan en ­bevestig daar sal kostes wees vir enige militêre ingryping in Oekraïne.”

Poetin het op sy beurt volgehou sy troepe moet in die gebied ontplooi word om die lewens van Russiese burgers en militêre personeel in die Krim-gebied te beskerm. – Bronne: Reuters, AP
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 434 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 622 votes
Vote
Rand - Dollar
18.93
-0.0%
Rand - Pound
23.90
+0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.13
+0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE