Share

Oliebaas: ‘Frack’, maar nie in mý agterplaas!

Die uitvoerende hoof van ExxonMobil, die grootste produseerder van natuurlike gas in die VSA, gee nuwe betekenis aan die uitdrukking “nie in my agterplaas nie”. (Die Engelse het selfs ’n akroniem daarvoor: NIMBY, oftewel “Not in my backyard”.)

Die Amerikaanse energiereus ExxonMobil ontgin skaliegas en olie op reuse-skaal.

Maar nou het Rex Tillerson, die maatskappy se baas, ’n stokkie gesteek voor hidrobreking-aktiwiteite (fracking) wat net ’n bietjie te naby gekom het aan sy perdeplaas in Texas. Die plaas is in Bartonville, ’n voorstad van Dallas. Bartonville het sowat 1?600 inwoners. Texas het van die grootste olie- en gasvelde in die VSA.

Die webblad RT.com berig Tillerson het saam met sy bure ’n regsgeding begin teen Cross Timbers, ’n watervoorsieningsmaatskappy wat ’n reuse-watertoring in die gebied wil oprig.

Dié toring van 15 verdiepings is op die grens van Tillerson se perdeplaas, Bar RR Ranches LLC.

Dis ook digby sy spogwoning.

Die toring hou verband met hidrobreking, waarvoor baie water nodig is.

Volgens die eisers sal bouwerk ongewenste geraas en verkeer veroorsaak én die waarde van hul eiendom erg laat daal.

Tillerson se prokureur sê die afname in die waarde van sy kliënt se eiendom van nagenoeg R54?miljoen is sy grootste beswaar.

Tillerson verdien ’n jaarlikse inkomste van nagenoeg R400 miljoen.

Volgens die aanlyn-koerant ThinkProgress is daar rede om te glo dat ExxonMobil se olie- en gasontwikkelingsprojekte eerder menslike gesondheid en die omgewing benadeel as om eiendomspryse te knou.

Die maatskappy het ’n jaar gelede sowat 7 000 vate teersand-olie in Mayflower, Arkansas, gestort. Inwoners sukkel sedertdien met duiseligheid, hoofpyn en naarheid.
Baie het noodgedwone uit die gebied getrek.

ExxonMobil het aan The Wall Street Journal gesê die maatskappy het “geen betrokkenheid” by Tillerson se regsgeding nie.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 216 votes
No! It's time to move on ...
37% - 128 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+1.2%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.36
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.3%
Platinum
915.40
+0.4%
Palladium
1,006.00
+0.1%
Gold
2,328.93
+0.6%
Silver
27.42
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,473
-0.2%
All Share
74,417
-0.1%
Resource 10
61,593
+1.9%
Industrial 25
103,012
-1.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE