Share

’n Plan beraam om Karibadam te red

Kenners uit Malawi, Mosambiek, Zimbabwe en Zambië sit oormôre in Harare koppe bymekaar oor ’n noodplan om ’n grootskaalse ramp af te weer, sou die Karibadam se wal meegee.

Restourasie van die damwal, wat in 1958 voltooi is en 128 m hoog is, is ’n uiters uitdagende projek wat sowat R2,7 miljard gaan kos.

Die onmiddellike gevaar is die wegkalwing van die damwal se fondament.

Watererosie in die dompelpoel aan die onderkant van die damwal is die grootste probleem, sê dr. Chris Herold, adjunk-president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs ­(SAICE).

Die dompelpoel is die diep poel waarin die dam se massa water beland wanneer die sluise oopgemaak word. Op plekke is dit al tot 90 m diep weggekalwe.

Soos die poelwand erodeer, sny dit tot in die fondament van die damwal. Dit maak die struktuur onstabiel.

Dit kan daartoe lei dat die wal uiteindelik meegee, sê Herold.

Krake in die struktuur is al in 2010 opgemerk, sê Elizabeth ­Karonga, kommunikasiebestuurder van die Zambezirivier-owerheid.
Dit is vermoedelik veroorsaak deur ’n alkaliese reaksie wat die damwal laat swel. Sy sê Franse ingenieurs inspekteer die damwal elke vyf jaar.

Herold meen ’n “kofferdam” (tydelike dam) stroomaf van die dompelpoel sal gebou moet word om die water tydelik te verplaas sodat die dele wat herstel moet word, drooggelê kan word.

Karonga sê die restourasiewerk sal minstens ses jaar duur – ’n jaar vir elke sluis. Ingenieurs bou tans modelle daarvoor.

“Ons is baie bekommerd,” het José Matola, ’n spesialis-hidroloog van die Cahora Bassadam in Mosambiek, die afgelope ­Donderdag aan Rapport gesê. Dié dam is laer af in die Zam­bezirivier.

“As daar nie vinnig opgetree word nie, gaan die damwal ­binne drie jaar breek en Cahora Bassa sal deur ’n reusagtige brander getref word waarteen ons géén kans sal hê nie.”

Gee die damwal mee, word die lewe van 3,5 miljoen mense stroomaf bedreig. Ook die kragtoevoer na groot dele van ­Suider-Afrika sal in die gedrang wees. Suid-Afrika kry 1 500 MW se krag van Cahora Bassa en twee hidro-elektriese skemas by Kariba (wat altesame 3 200 MW lewer).

Alle partye is dit eens restourasiewerk moet in September begin. ’n Opvolgvergadering word in Junie gehou met die Wêreldbank, die Europese Unie (EU) en die Afrika-Ontwikkelingsbank oor finansiering.

Die EU het glo onderneem om in Julie tussen $85 miljoen en $100 miljoen (sowat R890 miljoen – R1,05 miljard) beskikbaar te stel en die Ontwikkelingsbank probeer $75 miljoen (sowat R792 miljoen) daarvoor bymekaar kry.

Die aangrypende verhaal van die Karibadam, een van die grootste mensgemaakte damme ter wêreld, word vertel in die boek Hold My Hand I’m Dying (1967).

John Gordon Davis beskryf hoe 57 000 mense, hoofsaaklik Batonga-boere, in die 1950’s verskuif is om vir “die dam van die wit mense” in die vrugbare Zambezivallei plek te maak. Van die boere het hulle hewig verset.

Volgens oorlewering is ’n vloek oor die dam uitgespreek toe ’n “heilige” rots, Kariva, die tuiste van die riviergod Nyaminyami, onder die water verdwyn het.

In die artikel “Whites and Water: How Euro-Africans Made Nature at Kariba Dam” beskryf David McDermott Hughes dié dam as ’n “industriële niemandsland” wat in die naam van vooruitgang die hele ekologie van een van die mooiste valleie ter wêreld vir ewig verander het.

Dit was die inisiatief van die Britse Federasie: Suid- en Noord-Rhodesië (Zambië en Zimbabwe) en Nyasaland (Malawi).


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 310 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 645 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.2%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
941.60
-0.9%
Palladium
1,012.00
-1.7%
Gold
2,377.47
-0.1%
Silver
28.23
+0.0%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,823
-0.6%
All Share
72,877
-0.5%
Resource 10
62,828
-0.7%
Industrial 25
97,980
-0.5%
Financial 15
15,427
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE