Share

Adviseur moet nóg geld teruggee


Johannesburg. – Die ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangerdienste (Fais) het in nog twee gevalle beslis dat die Gautengse adviseur Deeb Risk geld moet terug­betaal aan twee afgetredenes wat op sy advies in die eiendomsindikasies van Sharemax belê is.

Noluntu Bam, die Fais-ombudsman, het reeds ses beslissings teen Risk uitgereik waarin hy gelas is om altesame R3,08 miljoen aan beleggers terug te betaal weens oortredings van die Fais-wet.

In die jongste beslissings is hy gelas om R815 000 en R170 000 plus rente aan onderskeidelik ’n 69-jarige en ’n 86-jarige vrou van Gauteng terug te betaal.

Dít is nadat ’n hofaansoek van Risk om die Fais-ombudsman te verbied om beslissings teen hom uit te reik, in September met koste van die hand gewys is.

In die jongste gevalle het Risk beleggings by vooraanstaande portefeuljebestuurders omgeskakel na die beleggings in Sharemax. Van die geld van die 69-jarige is onttrek aan lewensannuïteite.

Soos in die vorige beslissings teen Risk het Bam bevind dat hy nie met die nodige noulettendheid opgetree het om seker te maak die Sharemax-beleggings is gepas vir sy kliënte nie.

Die beleggers is konserwatiewe beleggers en die belegging in Sharemax is aan hulle voorgehou as een met ’n lae tot matige risiko. Die ombudsman sê dit dui daarop dat Risk nie die produk verstaan het nie, omdat Sharemax beleggers in die prospektusse waarin die beleggings bemark word, wys op die risiko wat die belegging inhou.

Sy het bevind dat die kliënte nie ingelig is oor die volle implikasies van die omskakeling van hul beleggings nie.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 569 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 582 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.0%
Rand - Euro
20.44
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
924.90
+0.5%
Palladium
1,034.50
+0.8%
Gold
2,326.12
+0.2%
Silver
27.40
+0.3%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,051
0.0%
All Share
74,011
0.0%
Resource 10
59,613
0.0%
Industrial 25
102,806
0.0%
Financial 15
15,897
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE