Share

Sharemax wás ’n Ponzi, sê Bam

Johannesburg. – Die manier waarop Sharemax geld van die publiek gewerf het vir sy Zambezi en The Villa-sindikasies is ’n Ponzi-skema.

Volgens Noluntu Bam, ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangerdienste (Fais), is die struktuur doelbewus ontwerp om die bepalings in die Bankwet te omseil. Die geld wat gewerf is, is uitgeleen aan die ontwikkelaar, wat dan “rente” aan beleggers betaal het.

Sy sê in die jongste beslissing in ’n klag teen ’n adviseur wat beleggings in Zambezi en The Villa verkoop het, die enigste verduideliking vir die rentebetalings wat beleggers in dié sindikasies ontvang het, is dat dit uit beleggers, hoofsaaklik pensioentrekkers, se eie geld gekom het.

Sowat R2,5 miljard is in die twee skemas belê.

Bam sê ’n sake-ooreenkoms tussen Sharemax en Capicol, eienaar van die grond en ontwikkelaar van Zambezi en The Villa, lê ten grondslag aan die skemas waarin beleggers se geld wye draaie geloop het voordat hul eie geld weer as “rente” by hulle uitgekom het.

Die gevolgtrekking dat dit ’n Ponzi-skema is, is gemaak uit antwoorde wat vier voormalige direkteure aan die ombudsman se kantoor verskaf het op die vraag hoe Zambezi en The Villa rente van 12% aan beleggers kon betaal. Net een van die direkteure het antwoorde verskaf oor die sake-ooreenkoms met Capicol, terwyl die ander se vae antwoorde volgens Bam daarop dui “dat hulle geweet het die geld loop wye draaie”.

Ingevolge die sake-ooreenkoms het Sharemax namens Zambezi/The Villa geld gewerf en uitgeleen aan Capicol. Ingevolge die ooreenkoms het Zambezi/The Villa weer ’n inkomste ontvang van Capicol wat dit as rente aan beleggers uitbetaal het – dít terwyl nie Zambezi óf The Villa enige inkomste gegenereer het nie.

Bam sê ’n verdere bewys dat dit ’n Ponzi-skema is, is die feit dat Sharemax geen rentebetalings kon doen nie nadat hy deur die Reserwebank verbied is om nuwe beleggings te werf. Bam het ook bevind dat Sharemax se direkteure verantwoordelik gehou kan word vir beleggers se verliese.



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 517 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 727 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.36
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE