Share

Ombudsman, Deeb Risk gou in hof

Johannesburg. – Die Noord-Gautengse hooggeregshof hoor op 30 en 31 Julie ’n saak aan om te beslis of die ombudsman vir finansiële adviseurs en tussengangerdienste (Fais) die mag het om te gelas dat tussengangers geld aan kliënte terugbetaal as hulle die bepalings van die Fais-wet oortree het.

Dié saak is begin deur Deeb Risk, ’n finansiële adviseur van Edenvale, teen wie agt klagtes by die ombudsman ingedien is deur kliënte, meestal pensioenarisse, wie se geld hy in Sharemax-sindikasies belê het.

Noluntu Bam, die ombudsman, het reeds in vyf van die klagtes beslis dat Risk die kliënte se geld terugbetaal. Die totale bedrag wat Risk ingevolge die beslissings moet terugbetaal, is R3,08 miljoen.

Risk het egter verlede jaar ’n aansoek ingedien om Bam te verbied om beslissings teen hom uit te vaardig omdat die ombudsman glo nie die jurisdiksie het om oor die betrokke bedrae te beslis nie en nie regverdige prosedures volg in die beslissings nie. Risk voer aan dat die sake derhalwe in die hooggeregshof aangehoor moet word.

Risk word in die hofsaak gesteun deur ’n regspan wat deur Santam aangestel en betaal word. Santam is betrokke omdat hy Risk se versekeringspolis teen professionele aanspreeklikheid onderskryf. Dié polis is uitgereik deur Santam se filiaal Stalker Hutchison Admiral.

Donald Kau, hoof van beleggersverhoudinge by Santam, sê ingevolge die polisvoorwaardes is Santam verplig om dekking te verskaf vir die regskoste van ’n persoon wat verseker is teen professionele aanspreeklikheid. Afhangende van die hofbeslissing kan die voorwaardes in die einste polis wat Risk verseker van hulp met regskoste, teen hom tel.

Soos met enige ander versekeringspolisse is daar sekere uitsluitings wat daartoe kan lei dat die eis vir professionele aanspreeklikheid deur die versekeraar verwerp word.

Van die uitsluitings wat spesifiek van toepassing is op finansiële tussengangers en adviseurs is aanspreeklikheid vir verliese wat deur derde partye gely is omdat die versekerde nie voldoen het aan die bepalings, voorwaardes en beperkings wat ingevolge sy lisensie as finansiële adviseur aan hom gestel word nie, asook ’n verlies wat spruit uit die verkoop of bewerings oor die verkoop van ’n ontoepaslike produk aan ’n derde party.

Uitsluitings is ook van krag op enige belegging, beleggingsadvies of administrasie van geld wat “op enige manier” ’n oortreding van die Bankwet is. Die probleme by Sharemax is op die spits gedryf toe die Suid-Afrikaanse Reserwebank beslis het dat die manier waarop beleggings in Sharemax gewerf is, strydig is met die bepalings van die Bankwet.

In die saak teen die ombudsman bevraagteken Risk die ombudsman se vermoë om oor die beleggings in eiendomsindikasies te beslis en die regverdigheid van die proses waarvolgens die kantoor van die ombudsman sake ondersoek.

In die beslissings teen Risk tot dusver het die ombudsman bevind dat hy wel die bepalings van die Fais-wet en gedragskode vir finansiële adviseurs oortree het.

Waar Risk aanvoer dat die ombudsman nie die jurisdiksie het om oor die saak te beslis nie, sê Bam dat die ombudsman wel die jurisdiksie het om te beslis of ’n finansiële adviseur die bepalings van die Fais-wet oortree het. Kau sê indien die hof beslis dat
Risk verkeerd opgetree het, sal die saak verder hanteer word ingevolge die polisvoorwaardes.

Bam se eerste beslissing teen Risk was in November verlede jaar. In die jongste beslissing verlede week is Risk gelas om R300 000 aan ’n bejaarde egpaar van Margate terug te betaal wat op sy advies in die Sharemax-sindikasie The Villa belê is. Die geld wat die egpaar op Risk se advies in The Villa belê het, is uit beleggings in effektetrusts, onder meer ’n geldmarktrust, omgeskakel.
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 26 votes
Hardly - I prefer streaming online
66% - 731 votes
Sometimes - it depends on the film release
32% - 351 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE