Share

FNB slaan munt uit radio-advertensie

Bloemfontein - “Goeienaand Mevrou, dis Werner van Blieb-bank...”

Of jy nou die radio-advertensie geniet of verpes, dié hopelose verkoopsagent wat telkemale getroef word deur FNB-klante, het die afgelope maande nie net die grense van radio-advertensies verskuif nie, maar ook gelei tot ’n toename van 20% in nuwe rekenings by FNB sedert die begin van die veldtog.

In ’n eienaardige sameloop van omstandighede het ’n telefoniese poets boonop daartoe gelei dat een van FNB se eie oproepsentrum-agente, Sherwyn, ook deesdae ’n huishoudelike naam word.

"Werner breek deur die geraas daar buite en hy dwing mense om te stop, te luister en te dink oor wat aangaan," sê me. Bernice Samuels, bemarkingshoof by FNB en die dryfkrag agter die Werner-veldtog waar Werner, die arme verkoopsagent van ’n naamlose mededingerbank, ondanks sy beste pogings die heel tyd te doene kry met mense wat reeds vir FNB gekies het.

"Ons glo dat ons dienste waarde vir geld bied in ’n tydperk waar verbruikers meer moet opdok vir allerlei dienste en produkte – en ons wou mense daaroor laat dink of hul bank dié aanbod kan ewenaar."

Die probleem was egter dat die momentum van die advertensie eenvoudig nie binne die tradisionele 30 sekondes van ’n radio-advertensie gebou kon word nie. Samuels sê daarom is besluit om die advertensies so lank te maak as wat nodig was om die boodskap oor te dra. Sommige advertensies duur so lank as 75 sekondes.

"Hoewel dit ons natuurlik baie duurder kos, het dit uitstekende resultate behaal. Van Januarie tot Junie vanjaar het ons gemiddeld 300 000 nuwe kliënte per maand gekry. In Julie en Augustus, ná die veldtog begin is, het dié syfer tot 370 000 per maand geklim."

Daar was ook ’n toename van 46% op ’n jaargrondslag in die aantal mense wat nuwe tjekrekenings geopen het, terwyl daar ’n styging van 26% in kredietkaart-rekenings was. Samuels is veral bly oor die 26%-omskakeling na elektroniese bankdienste, een van die groot doelwitte van die veldtog.

"Ons kry terugvoer van mense, selfs ons bestaande kliënte, dat hulle nie geweet het hoe maklik dit is om aanlyn sake te doen nie. Werner het ons almal gedwing om nie apaties teenoor ons banksake te staan nie."

En wat van Sherwyn? Dié doodgewone oproepsentrum-agent by FNB het op ’n dag ’n oproep van die poetsbakker Darren Simpson van Highveld Stereo ontvang, wat die geduld van oproepsentrum-personeel wou toets.

Nadat die foon in Simpson se oor neergesit is by twee ander oproepsentrums, het Sherwyn ewe behulpsaam op sy versoek vir sy huilende baba ’n liedjie gesing en sy blaffende hond gehelp stil kry.

Ná die meeste mense lankal nie meer sou saamspeel nie, het Sherwyn kalm en geduldig gebly.

Samuels vertel dat sy die gesprek die eerste keer op die lug gehoor het, toe sy in haar motor op pad werk toe was.

"My hart het in my keel geklop en ek het net gehoop en bid die outjie kan koel en kalm bly."

Ook hierdie stukkie realiteits-radio het FNB vinnig in ’n TV-advertensie omskep en ook op sy Facebook-bladsy en youtube geplaas.

"Sherwyn is ons held. Ons sê altyd ‘Hoe kan ons jou help?’ en toe hy dit moes bewys, het hy met vlieënde vaandels geslaag."

Sy sê die enigste probleem is dat elke inbeller na die oproepsentrum nou met Sherwyn wil praat. “Al ons oproepsentrum-konsultante staan nou as ‘Sherwyn’ bekend.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 822 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 871 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.45
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
924.00
+0.4%
Palladium
1,027.50
+0.2%
Gold
2,317.37
-0.2%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,483
+0.6%
All Share
74,457
+0.6%
Resource 10
59,684
+0.1%
Industrial 25
104,061
+1.2%
Financial 15
15,934
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE