Sake24 WEBWERWE/DIENSTE >

Nuwe bemarkingshoof vir Afrika

Deur: Niel Joubert 2012-07-22 22:18
Johannesburg. – Absa het Vrydag die aanstelling van Sizakele Marutlulle as hoof van bemarking vir Afrika aangekondig.

Marutlulle, wat aan die begin van die maand by die bank aangesluit het, is verantwoordelik vir alle Absa- en Barclays-Afrika-handelsnaam- en -bemarkingsfunksies.

Sy was uitvoerende hoof van die reklamemaatskappy Grey SA voordat sy by Absa aangesluit het en het al verskeie senior strategiese poste gevul in Afrika en internasionaal, lui ’n verklaring van die bank.

Maria Ramos, uitvoerende hoof van Absa, sê Marutlulle se aanstelling kom tydens ’n opwindende tyd soos die maatskappy momentum kry rondom sy “Een Afrika”-strategie en dat haar kennis van die vasteland handig te pas sal kom.

As hoof van handelsnaam en bemarking vir Afrika moet Marutlulle die groep se handelsnaam in Suid-Afrika en oor die res van die vasteland bou, sê Absa.
 

Sizakele Marutlulle, nuwe hoof van bemarking in Afrika van Absa. Foto: Verskaf
«Terug