Share

Gijima se wins blink ten spyte van tesourie-hou

Johannesburg. - Dit was ’n moeilike jaar en beleggers kan nóg struikelblokke in die volgende jaar verwag, maar Gijima se direksie is tevrede met sy prestasie in die jaar tot einde Junie.

Dít was mnr. Jonas Bogoshi, uitvoerende hoof van dié IKT-groep, se boodskap gister met die bekendmaking van die jaarresultate.

Die groep se omset is laer, maar sy wins is 40% hoër as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Een van die faktore wat sy verdienste negatief geraak het, is ’n kontrak ter waarde van R3,9 miljard met die departement van binnelandse sake waaroor daar ’n dispuut is.

Die departement weier om R237 miljoen – die laaste paaiement van die kontrak – te betaal.

Volgens Bogoshi het Gijima ’n konserwatiewe benadering gevolg en die inkomste nie erken nie, maar as inkomste betaalbaar aangeteken. Dit het sy bedryfskapitaal negatief geraak en kontant uit bedrywighede is byna 77% laer.

“Die dispuut hou verband met die bedrag wat die tesourie goedgekeur het om vir die projek te betaal. Ons het ’n idee van wat hulle wil hê en ons het ’n aanbod aan hulle gedoen, maar hulle moet nog hierop reageer,” het Bogoshi gesê.

Indien die dispuut nie in Gijima se guns beslis word nie, sal hy die saak in die hof beveg. “Ons het regsadvies van twee bronne ingewin wat albei bevestig het die kontrak is wettig en opdwingbaar,” sê hy.

Dié kontrak het sy dienste-afdeling – die gebied wat hy geïdentifiseer het vir groei-potensiaal – se prestasie die meeste benadeel.

Die omset vir dienste het met 2,5% afgeneem, maar dit kon erger gewees het was dit nie vir die ommeswaai in die mynboubedryf waar hy tegniese oplossings verskaf nie. “In die mynbou-afdeling het sy omset met 20% gegroei.” Van sy mynbou-kliënte sluit in BHP Billiton, Exxaro en De Beers.

Hy is realisties oor die komende jaar en meen dit gaan nie sonder duwweltjies wees nie. “Ons verwag groei van tussen 0% en 4% vir die bedryf .”

’n Gebied waarvan hy wel meer in die Suid-Afrikaanse omgewing wil sien, is wolkverwerking. Dit is waar verwerking en berging op die internet plaasvind en die gebruiker se persoonlike rekenaar slegs data stuur en ontvang. “Ons het ’n agterstand in Suid-Afrika, maar dit is ’n groot groeigebied vir maatskappye soos IBM,” sê hy.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 402 votes
No! It's time to move on ...
35% - 219 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
+0.9%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
920.20
+0.9%
Palladium
985.50
-1.9%
Gold
2,332.89
+0.7%
Silver
27.34
+0.6%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE