Share

Minder mielies wek nie kommer

Hoewel die nasionale oesskattingskomitee wéér die geraamde mielieoes verlaag het, is daar nog nie sprake van ’n tekort nie.

Dit sal onverantwoordelik wees om bespiegelinge oor ’n moontlike tekort aan te vuur, sê Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA. “Die werklike oes mag dalk ’n bietjie kleiner wees as wat die komitee bereken, maar dit sal steeds genoeg wees. Die toestand van die mielies wat nou op die lande wag om gestroop te word, kan nie méér versleg nie.”

Die komitee het gister die verwagte oes met 121 750 ton of 1,05% tot 11,4 miloen ton verlaag. Droë weer vroeër in die jaar het steeds ’n negatiewe impak op die opbrengste van veral witmielies in Noordwes en die Vrystaat.

Die geskatte oppervlakte onder mielies is op 2,781 miljoen hektaar gelaat en die verwagte opbrengs is 4,11 ton per hektaar.

Die produksieskatting vir witmielies is 6,026 miljoen ton, 129 000 ton of 2,10% minder as die 6,155 miljoen ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is 3,73 ton per hektaar teenoor die vorige 3,81 t/ha.

Vir geelmielies is die produksieskatting 5,414 miljoen ton, 7 250 ton of 0,13% meer as die 5,407 miljoen ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is op 4,65 ton per hektaar gelaat.

Suid-Afrika is die grootste mielieprodusent in Afrika en voer mielies na sy buurlande asook na oorsese markte soos Mexiko uit. De Villiers sê Mexiko het die afgelope drie jaar elke keer sowat ’n miljoen ton witmielies by Suid-Afrika gekoop.

“Ons oorskot is op die oomblik net minder as ’n miljoen ton, dus het ons nog ’n entjie om te gaan voordat daar kommer hoef te wees,” sê De Villiers.

Die produksieskatting vir sonneblom is op 554 500 ton gelaat en vir sojabone is dit met 2,9% tot 825 600 ton verlaag. Die volgende produksieskatting vir somergewasse word op 25 Junie bekend gemaak.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 16 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 540 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 237 votes
Vote
Rand - Dollar
19.13
-0.6%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.37
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
953.80
+0.1%
Palladium
1,044.00
+0.9%
Gold
2,379.42
+0.8%
Silver
28.47
+0.9%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,116
+0.3%
All Share
73,206
+0.3%
Resource 10
63,020
-0.6%
Industrial 25
98,375
+0.6%
Financial 15
15,505
+0.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE