MySake24

Nuwe platinummaatskappy maak eersdaags buiging op die JSE

2012-07-22 22:19
New Corpcapital wil al die aandele in die eksplorasiemaatskappy Sable Platinum Holdings oorneem en ’n nuwe maatskappy, Sable Platinum, op die JSE noteer.

Die nuwe maatskappy wil vir ’n mynreg aansoek doen om platinum en vanadium te ontgin op plase in die Brits-distrik.

Sable Platinum Holdings, wat oor eksplorasieregte en 13 boorgate in die westelike Bosveld-kom beskik, het bedrywighede gestaak en wil probeer om die waarde van sy bates, wat sowat 100c per aandeel beloop, aan aandeelhouers te ontsluit.

New Corpcapital gaan 180,2 miljoen aandele teen 120c uitreik vir Sable Platinum Holdings se 1,664 miljoen aandele wat teen R130 per aandeel gewaardeer is.

As die aanbod suksesvol is, sal 144,2 miljoen aandele in die nuwe maatskappy aan Sable Platinum Holdings se aandeelhouers uitgereik word, terwyl nog 36 miljoen in trust gehou word totdat die mynregte toegeken word.
«Terug