Dag ná dag, uur ná uur, sekonde ná sekonde vind die moorde plaas op my volk se bejaardes, middeljariges, jeug en kinders. Meestal gepleeg deur hul vertrouelinge wat vir hulle werk!
Voor my oë sien ek telkens ’n 5-jarige dogtertjie van Bethlehem wat aan haar nek gevat en doodgeskiet word. En die bloedspoor van Trompsburg teen mure en kaste. Oral sien ek die bloed van my volk wat uitgemoor word.
In my geestesoog probeer ek my indink die worstelstryd van die oom of tannie of boer of vrou of kinders nadat die moordenaars in hul moordorgies met hul aanvalle begin het.
Ja, my volk draai sy gesig weg en kyk anderkant toe en maak of niks gebeur nie. Ons mag niks sê nie, want dan is ons rassiste. En ons was blykbaar nie eerste hier nie, dus het ons alles gesteel en is dit nou betaaldag.
Die gesag se stilswye verklaar sy goedkeuring. Dit los tog ’n probleem op, want nou hoef hulle nie nog ’n wet te maak om ons in te perk nie.
Die bloed van my volksgenote roep uit, maar my volk antwoord nie meer op jou wekroep nie!
Ons is nie eers skaam nie. Nee, sport en plesier het ons afgod geword. As ons net naweke kan sport kyk, is alles reg.
Weet jy wat, Afrikaner? Jou God het jou verlaat en jy kom dit nie eers agter nie! Niks roer meer my volk nie – wat ’n hartseer dag! Wil of kan niemand dan vir my volk in die bresse tree nie?
Bloemfontein