Share

Reitz-4-regspan se vreemde optrede


Die skrywe van Hennie Vermaak (Vrae oor Reitz -4 se saak, Volksblad 5 Augustus) het betrekking

Hy opper die vraag: “Kan ’n mens verkwalik word as jy die indruk kry dat die regspan (adv. Kemp J. Kemp en kie.) lusteloos was: Net haastig was om alles in een dag afgehandel te kry.”

Die antwoord is ’n besliste já, my status as regsgeleerde en oud-student is in ooreenstemming met die skrywer.

Om skuldig bevind te kan word aan crimen injuria moet die staat, bo redelike twyfel, bewys dat die aangeklaagdes die opset gehad het om die klaers leed aan te doen.

Iemand kan nie sy “slagoffers” leed aandoen as hulle vrywillig aan die “gewraakte optrede” meedoen nie.

Bostaande feit was ’n bewese een. Geen dwang of onbehoorlike beïnvloeding was op die “verontregtes” toegepas nie. Die “studente-pret” het hulle lustig geniet. Ná die voorval het nie een van hulle hul lot by die destydse rektor prof. Frederick Fourie bekla nie. Eers toe die gedoente vele maande daarna op die lappe kom en die rektor, in sy eie woorde, “biddend, smekend en huilend” by hulle om vergifnis gesmeek en gepleit het, het die bom gebars, soos dit in der waarheid na bewering beplan is.

Waarom dan skuldig pleit? Of dan die staat daag om hulle skuld te bewys? Op die Reitz-4 het geen bewyslas gerus om hulle onskuld te bewys nie, trouens hulle word regtens geag onskuldig te wees!

Die betrokke advokaat, met sy gewaande bekwaamheid, moes dit tog geweet en besef het. Met die wete word daar inteendeel skuldig gepleit en dit nogal voor die hooflanddros.

Enige bekwame advokaat van die Vrystaatse Balie sou met gesonde oordeel die saak heel anders benader en behartig het.

Sover my kennis strek, tree adv. Kemp J. Kemp, SC, hoofsaaklik vir die regering en sy lakeie op.

Mnr. Vermaak slaan die spyker op die kop: Die advokaat het, ten spyte van die aangeklaagdes se belange, vreemd opgetree deur hulle te laat skuldig pleit.

Sy optrede is gedienstige onderdanigheid eie aan die gedrag van die genoemde rektor.

Oudregter Arrie Hattingh

Bloemfontein


 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 464 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE