Share

Name verander dalk in Upt

 
UPINGTON. – Upington26-laan en Dr. Nelson Mandela-rylaan is van die nuwe straatname waaraan Upingtonners dalk gewoond sal moet raak as voorstelle hiervoor deur die //Khara Hais-raad goedgekeur word.

Scröderstraat, genoem na die stigter van Upington, se naam sal dan verdwyn.

Die voorgestelde naamsveranderinge is gister aan die raad voorgelê.

Dit sal nou na die onderskeie wykskomitees verwys word en openbare vergaderings sal in April gehou word om die publiek kans te gee om kommentaar te lewer.

Die kommentaar sal daarna aan die munisipale advieskomitee voorgelê word.

Die voorstel is dat Lemoenweg, van die ingang van Keimoes se kant af, oor Le Rouxstraat en Malherbestraat tot waar dit die N14 bereik, Dr. Nelson Mandelarylaan moet word.

Upington26-laan is die voorgestelde naam vanaf Ou Keimoesweg deur Hillstraat tot in Schöderstraat tot by Absa-bank.

Ander voorstelle is dat Swartmodderweg na Anton Lubowski-straat verander word, en Rondomstraat na eerwaarde Aubrey Beu-kesstraat.

Mnr. Wikus Snyman van die DA en die Onafhanklike Demokrate (OD) het gevra dat hul teenstemme genotuleer word teen ’n voorstel dat die Danie Kuys-stadion die Dicky Jacobs-stadion word.

Die Upington 26 is ’n groep van 26 mense wat in Mei 1989 op gebrekkige getuienis van ’n enkele staatsgetuie skuldig bevind is aan die moord op konst. Lucas Sethwala wat op 13 November 1985 gepleeg is ten tyde van openbare onluste.

Altesaam 14 van hulle is ter dood veroordeel, maar dié vonnis is verander toe die moratorium op die doodstraf ingestel is.

Die res het geringe vonnisse uitgedien nadat die aanklag teen hulle na openbare geweld verander is.

Oudpres. Nelson Mandela het in 2001 ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van die Vrystaat en die destydse Technikon Vrystaat ontvang.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1782 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
8% - 171 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.2%
Rand - Pound
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.29
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
952.30
-2.4%
Palladium
1,036.00
+1.3%
Gold
2,371.75
-0.5%
Silver
28.27
+0.6%
Brent Crude
90.02
-0.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE