Share

Misdaad in visier

KIMBERLEY. – Die Noord-Kaap, wat die kleinste bevolking van die nege provinsies het, het steeds die derde hoogste misdaadsyfers vir verkragting en gewelddadige moorde, sê die LUR vir veiligheidskakeling, mnr. Patrick Mabilo.

Die polisie en die departement van vervoer en veiligheidskakeling gaan daarom in die volgende maande probeer om dié misdade met nuwe veldtogte te verminder.

Die Noord-Kaapse misdaadstatistieke is gister amptelik deur Mabilo en die polisiekommissaris, lt.genl. Janet Basson, bekend gemaak.

Mabilo het gesê hy ondersteun die wette in sekere Amerikaanse state dat misdadigers wat polisielede doodskiet, die doodstraf opgelê word.

Die goeie nuus is dat misdaad in die algemeen met 8,2% verminder het en ernstige misdaad met 14,8%.

Dit word toegeskryf aan beter samewerking tussen die polisie en ander belanghebbendes.

Seksuele misdaad het egter toegeneem met 1,2% tot 1868 aangemelde sake.

Ander misdade wat toegeneem het, is motorkapings, dwelmverwante misdade en diefstal uit motors.

“Ons provinsie kry wel misdaad van ander provinsies, wat ons migrasie van misdaad noem. Wanneer die wêreld te warm raak vir misdadigers in ander provinsies, probeer hulle die Noord-Kaap,” het Mabilo gesê.

“Dit is wanneer ons motorkapings styg en gewapende rooftogte kry. Gauteng se misdaad beslaan 50% van die land se misdaadstatistieke. Van daardie misdaad, soos die opblaas van OTM’e en motorkapings spoel oor na ons. Dit is egter slegs sporadies,” het Basson gesê.

Mabilo het gesê munisipaliteite moet ’n groter rol in misdaadbekamping speel.

“Tans doen hulle baie min. Ons wil binne die volgende jaar van elke Noord-Kaapse munisipaliteit ’n strategiese plan sien oor misdaadbekamping op plaaslike vlak.

“Ons moedig gemeenskappe aan om hulle aan te sluit by misdaadvoorkomingsorganisasies en plaaslike gemeenskapspolisiëringforums.

“Die grootste probleme is in arm gebiede waar mense nie sekuriteitsmaatskappye kan bekostig nie. Gemeenskappe moet saamspan teen misdaad, maar ons wil ook nie ’n vigilante-kultuur skep nie.”

Basson het gesê ’n probleem wat in die Noord-Kaap kop uitsteek, is die ontvoering van jong mense onder voorwendsels van werk in die stad.

“Drie meisies van Prieska en Kuruman het onder vreemde omstandighede weggeraak.

“Ons is baie bekommerd hieroor en moedig skole en onderwysers aan om leerlinge te vertel van die gevare van valse werksaanbiedinge.”

Ontvoerings het van 21 in 2009-’10 tot 36 in 2010-’2011 toegeneem

“Die provinsie het 8234 polisielede en 1257 voertuie, en ons behoort binne maande nog 300 voertuie te kry,” het Basson gesê.

“Nog ’n probleem is die diefstal van geld by winkels wat deur buitelanders besit word.

“Misdadigers weet hulle bank nie hul geld nie en slaan dus gereeld toe. Ons moedig mense aan om maar bank- of poskantoorrekenings oop te maak. Ons is gelukkig dat net een polisieman in ons provinsie doodgeskiet is (Sutherland), maar dit is een te veel vir ons.

“Dit is ook jammer dat polisiemanne onder klippe gesteek word tydens openbare protesoptogte soos onlangs op Daniëlskuil gebeur het,” het Basson gesê.) Die grootste probleem – 40% van die misdade in die provinsie – is kontakmisdaad (moord, poging tot moord, seksuele oortredings, aanranding en roof).

Daarna volg eiendomsverwante misdaad en ander ernstige misdaad. Laasgenoemde het met 15% gedaal, kontakmisdaad met 6,8% en eiendomsmisdaad met 6%.

Die getal moorde het verminder van 381 tot 342 (-6,6%) en poging tot moord van 711 tot 649 (-8,7%).

Ander misdaad wat verminder het, is aanranding met die doel om ernstig te beseer (-6%), aanranding (-9%), roof (-13%), roof met verswarende omstandighede (-14%), huisbraak (-9%), rooftogte by sake-ondernemings (-10%) en veediefstal (-10%).

Seksuele misdade het toegeneem met 1,2% tot 1868 klagte, ontvoering met 71%, strafbare manslag met 4%, diefstal by sake-onderneming met 7%, motordiefstal met 1,7%, die besit van onwettige wapens met 22% en dwelmverwante misdaad met 2%.

Mabilo het gesê dié stygings kan egter ook in ’n positiewe lig beskou word.

Die polisie neem meer mense in hegtenis.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 281 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 588 votes
Vote
Rand - Dollar
19.20
-0.2%
Rand - Pound
23.88
-0.2%
Rand - Euro
20.46
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
941.90
-0.9%
Palladium
1,008.00
-2.1%
Gold
2,382.13
+0.1%
Silver
28.27
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,679
-0.8%
All Share
72,723
-0.8%
Resource 10
62,993
-0.5%
Industrial 25
97,491
-0.9%
Financial 15
15,389
-0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE