Share

Droom bewaarheid

’n DROOM het Saterdagaand vir Chris Hoffman waar geword toe hy as Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat se Matrikulant van die Jaar aangewys is.

“Ek het in gr.8 al van die wedstryd gehoor en daarvan gedroom om ’n finalis te word en hier staan ek nou as die wenner,” het die duidelik aangedane leerling van die Hoër Landbouskool Marlow op Cradock Saterdagaand gesê.

Chris is op ’n spoggeleentheid in die Eeufeeskompleks op die Kovsie-kampus as die wenner uit 14 topfinaliste aangewys.

Volgens Esmé Aucamp, voorsitter van die beoordelaarsgroep, was dit sy goeie humorsin en sy volwassenheid vir sy ouderdom wat in besonder uitgestaan het. “Chris is nie ’n voortvarende leier nie en ons was veral beïndruk met hoe hy probleme by sy skool aangepak het en oplossings deurgevoer het,” het sy gesê.

Hy het egter nie net die beoordelaars beïndruk nie en selfs sommige mans in die gehoor het moeilik aan die knop in hul keel gesluk tydens sy toespraak.

Dié hoofseun van sy skool en kranige tennisspeler wen benewens studiebeurse en kontant, ook onder meer ’n oorsese reis wat deur XL-Astra Reise geborg word en ’n Volkswagen Polo Vivo van Lindsay Saker waarin hy ’n jaar lank kan rondrits.

Die groot vraag op almal se lippe is wie hy gaan saamvat op sy oorsese reis. “Dit sal waarskynlik een van my ouers wees of miskien my broer,” het hy gesê. Sy trotse ouers, Sias en Lené van Zastron, het veral die skool bedank vir alles wat hy vir hul seun doen. “Ag, ons is so dankbaar dat die Here hom só geseën het.”

Chris gaan volgende jaar aktuariële wetenskap aan die UV studeer en ’n trotse inwoner van Huis Vishuis word.

Voordat die aand geëindig het, het Chris egter die laaste sê ingekry: “Ek is mal oor die Volksblad. Saterdag was ek en my twee gunsteling-rugbyspelers, Johan Goosen en Heinrich Brüssow, op die voorblad – lekker,” het hy gespot.)Rona van Blerk van die Hoërskool Piet Retief is as die Vonkelpersoonlikheid aangewys, terwyl Paul Bester, ’n leerling aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, vir die beste persoonlike prestasie vereer is. Albei het ’n geskenkbewys van HDL Juweliers ontvang.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 471 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 899 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.3%
Rand - Pound
23.66
-0.2%
Rand - Euro
20.21
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
970.80
-0.5%
Palladium
1,021.50
-0.2%
Gold
2,385.62
+0.1%
Silver
28.16
-2.5%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.2%
All Share
73,000
-2.1%
Resource 10
61,638
-3.6%
Industrial 25
98,321
-1.9%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE