Volksblad WEBWERWE/DIENSTE >

Hakers speel wêreld aan brand

Deur: Gerdie Karstens 2012-05-22 22:44

KIMBERLEY. – As die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, tans sukkel om sy Bok-hakers op papier neer te pen, is dit nie omdat daar ’n gebrek aan spelbrekers in dié sleutel-posisie is nie.

Die Bok-breier mag dalk weens beserings en onbeskikbaarheid van spelers nog oor ander posisies tob vir 9 Junie se eerste toets teen Engeland in Durban, maar gehalte-hakers is iets waaraan Suid-Afrikaanse Super-spanne tans geen tekort het nie.

Tiaan Liebenberg (Stormers), Bismarck du Plessis (Sharks) en Adriaan Strauss (Cheetahs) is tans besig om die wêreld op Super-vlak aan die brand te speel.

Veral Liebenberg het met rasse skrede opgang getoon – nie net sy algemene spel nie, maar ook sy vermoë om besit om te keer.

Hy is tans saam met Tom McCartney (Blues) voor wat die gaps van teenstanders se balle aanbetref (29), volgens statistieke van rugbyheaven.com.

Du Plessis het reeds 26 keer besit omgekeer, terwyl Strauss self al 19 keer spanne by die afbreekpunte gefrustreer het.

Die Lions-haker, Callie Visagie, het reeds 24 keer besit omgekeer.

)Die statistieke ná die 13de ronde is:

Meeste duikslae: 1. Matt Todd (Crusaders) 178, 2. David Pocock (Force) 176, 3. Marcell Coetzee (Sharks) 168, 4. Siyamthanda Kolisi (Stormers) 155, 5. Heinrich Brussow (Cheetahs) 151. Ander Suid-Afrikaners: Philip van der Walt (Cheetahs, 137).

Mislukte duikslae: 1. Nick Phipps (Rebels) 34, 2. Beauden Barrett (Hurricanes) 31, 3. Brett Sheehan (Force), Rob Horne (Waratahs) albei 28, 5. Peter Grant (Stormers), Willem Alberts (Sharks) albei 26. Ander Suid-Afrikaners: Charl McLeod (Sharks, 25), Willie le Roux (Cheetahs, 24), Francois Hougaard (Bulls) en Josh Strauss (Lions) albei 23. Franco van der Merwe (Lions), JP Pietersen (Sharks) albei 22, Keegan Daniel (Sharks), Tim Whitehead (Sharks) albei 21.

Meeste punte: 1. Morne Steyn (Bulls) 167, 2. Aaron Cruden (Chiefs) 152, 3. Johan Goosen (Cheetahs) 145, 4. Beauden Barrett (Hurricanes) 137, 5. Tom Taylor (Crusaders) 123. Ander Suid-Afrikaners: Patrick Lambie (Sharks, 118), Joe Pietersen (Stormers, 97), Elton Jantjies (Lions, 71), Peter Grant (Stormers, 70).

Meeste lynstane gewen: 1. Nathan Sharpe (Force) 65, 2. Franco van der Merwe (Lions) 54, 3. Andries Bekker (Stormers) 52, 4. Adam Thomson (Highlanders), Hugh Pyle (Rebels) albei 50. Ander Suid-Afrikaners: Juandré Kruger (Bulls, 48), Izak van der Westhuizen (Cheetahs, 35), Steven Sykes (Sharks, 31).

Meeste omgekeerde besit gewen: 1. Tiaan Liebenberg (Stormers), Tom McCartney (Blues) albei 29, 3. Corey Flynn (Crusaders) 28, 4. Adam Thomson (Highlanders), Bismarck du Plessis (Sharks), Zane Kirchner (Bulls) almal 26. Ander Suid-Afrikaners: Callie Visagie (Lions, 23), Jaco Taute (Lions, 23), Keegan Daniel (Sharks, 23), Franco van der Merwe (Lions, 20), Adriaan Strauss (Cheetahs, 19), Deon van Rensburg (Lions, 19).

Meeste drieë: 1. Andre Taylor (Hurricanes), Sona Taumalolo (Chiefs) albei 8, 3. Bjorn Basson (Bulls), TJ Perenara (Hurricanes) albei 7, 5. Dom Shipperley (Reds), Robert Fruean (Crusaders) albei 6. Ander Suid-Afrikaners: Lwazi Mvovo (Sharks, 5), Bryan Habana (Stormers, 4), CJ Stander (Bulls, 4), Riaan Viljoen (Sharks, 4), Willie le Roux (Cheetahs, 4), Zane Kirchner (Bulls, 4).

Meeste veld met bal gewen (m): 1. Hosea ­Gear (Highlanders) 1175, 2. Andre Taylor (Hurricanes) 923, 3. Ben Smith (Highlanders) 917, 4. Tamati Ellison (Highlanders) 905, 5. Sonny Bill Williams (Chiefs) 839. Ander Suid-Afrikaners: Jaco Taute (Lions, 736), Keegan Daniel (Sharks, 696), Hennie Daniller (Cheetahs, 629), Lwazi Mvovo (Sharks, 613).

Meeste balle gesteel: 1. Liam Gill (Reds) 15, 2. Michael Hooper (Brumbies) 10, 3. Coenie Oosthuizen (Cheetahs) 9, 4. David Pocock (Force) 8, 5. ­Luke Braid (Blues) 7. Ander Suid-Afrikaners: Cobus Grobbelaar (Lions, 5), Derick Minnie (Lions), Heinrich Brüssow (Cheetahs) albei 4, Bismarck du Plessis (Sharks), Jacques Botes (Sharks) albei 3.

Meeste strafskoppe afgestaan: 1. Matthew Hodgson (Force) 23, 2. Dean Mumm (Waratahs) 20, 3. Derick Minnie (Lions) 19, 4. Dean Greyling (Bulls), Werner Kruger (Bulls) albei 18. Ander Suid-Afrikaners: Coenie Oosthuizen (Cheetahs, 16), Tiaan Liebenberg (Stormers, 15), Bismarck du Plessis (Sharks, 14), Heinrich Brüssow (Cheetahs, 13), WP Nel (Cheetahs, 12).

Volksblad
«Terug