Volksblad WEBWERWE/DIENSTE >

Steyn se voet bly baas

Deur: Jóhann Thormählen 2012-07-03 00:00
BLOEMFONTEIN. – Heyneke Meyer, die Springbok-breier, sal breed glimlag oor die nuutste statistieke van die Super-rugbyreeks.

Hoewel sy losskakel van die Bulls, Morné Steyn, die laaste tyd kritiek oor sy swak skopwerk gekry het, is dit steeds sy voet wat ná 16 rondes in die meeste skopafdelings baas is.

Steyn het nie net die meeste punte (203 teen ’n gemiddeld van 15 per wedstryd) aangeteken nie, maar ook die meeste skepdoele (3) behaal. Volgens www.rugbystats.com.auhet hy ook die bal die meeste keer geskop (135) en die verste met sy skopstewel veld gewen (5723 m).

Sy korrel was verbasend skeef in die onlangse toetsreeks teen Engeland, waarin hy slegs ’n suksessyfer van 54% na die pale gehandhaaf het. Maar dis sy algehele Super-prestasies wat Meyer voor die Rugbykampioenskap sal laat rustig slaap.

Steyn het ook help drieë skep. Die vyf keer wat hy dit gedoen het, was van die meeste in die reeks.

Nóg ’n speler wie se naam dikwels voorkom, is die Cheetahs-heelagter Willie le Roux. Behalwe dat hy een van die voorste driedrukkers (7) is, het hy baie veld (737 m) met die bal in hand gewen.

Die statistieke ná die 16de ronde is:
Meeste punte:1. Morné Steyn (Bulls, 203). 2. Aaron Cruden (Chiefs, 198). 3. Beauden Barrett (Hurricanes, 184). 4. Johan Goosen (Cheetahs, 145). 5. Patrick Lambie (Sharks, 141). Ander Suid-Afrikaners: Peter Grant (Stormers, 106). Elton Jantjies (Lions, 99). 12. Joe Pietersen (Stormers, 97).

Meeste skepdoele:1. Morné Steyn (Bulls, 3). 2. Colin Slade (Highlanders), Daniel Carter (Cru­saders), Gareth Anscombe (Blues), Gary van Aswegen (Stormers), Jacques Coetzee (Lions), Johan Goosen (Cheetahs), Michael Harris (Reds), almal met 1.

Meeste skoppe:1. Morné Steyn (Bulls, 135). 2. Berrick Barnes (Waratahs), Will Genia (Reds), albei 112. 4. Joe Pietersen (Stormers, 107). 5. Beauden Barrett (Hurricanes, 103). Ander Suid-Afrikaners: 7. Peter Grant (Stormers, 81). Patrick Lambie (Sharks, 75). Johan Goosen (Cheetahs, 74). Dewaldt Duvenhage (Stormers, 71). Francois Hougaard (Bulls, 67). Charl McLeod (Sharks), Elton Jantjies (Lions), albei 60.

Meeste veld gewen met skoppe (m):1. Morné Steyn (Bulls, 5?723). 2. Joe Pietersen (Stormers, 4?274). 3. Berrick Barnes (Waratahs, 4?043). 4. Beauden Barrett (Hurricanes, 3?810). 5. Will Genia (Reds, 3?592). Ander Suid-Afrikaners: Peter Grant (Stormers, 3?023). Johan Goosen (Cheetahs, 2?813). Patrick Lambie (Sharks, 2?460). Elton Jantjies (Lions, 2?328). Dewaldt Duvenhage (Stormers, 2?021). Francois Hougaard (Bulls, 1?993).

Bydrae tot drieë: 1. Aaron Cruden (Chiefs, 9 keer). 2. Zane Kirchner (Bulls, 8). 3. Beauden Barrett (Hurricanes), Willie le Roux (Cheetahs, albei 7). 5. Tim Bateman (Hurricanes), Will Genia (Reds, albei 6).

Meeste veld gewen met bal (m): 1. Hosea Gear­ (Highlanders, 1?534). 2. Ben Smith (Highlanders, 1?182). 3. André Taylor (Hurricanes, 1?078). 4. Sonny Bill Williams (Chiefs, 1?046). 5. Tamati Ellison (Highlanders, 1?008). Suid-Afrikaners: Lwazi Mvovo (Sharks, 799). Keegan Daniel (Sharks, 791). Jaco Taute (Lions, 758). Willie le Roux (Cheetahs, 737).

Meeste lynbreke: 1. André Taylor (Hurricanes, 16). 2. Hosea Gear (Highlanders), Robert Fruean (Crusaders), Sona Taumalolo (Chiefs), Sonny Bill Williams (Chiefs), almal 12. Suid-Afrikaners: Akona Ndungane (Bulls), Willie le Roux (Cheetahs), albei 8. Keegan Daniel (Sharks, 7).

Bydrae tot lynbreke: 1. Will Genia (Reds), Willie le Roux (Cheetahs, albei 11). 3. Aaron Cruden (Chiefs, 8). 4. Brett Sheehan (Force), Elton Jantjies (Lions), Julian Savea (Hurricanes almal 6). Ander Suid-Afrikaners: Ashley Johnson (Cheetahs, 4).

Meeste strafskoppe afgestaan:1. Derick Minnie (Lions), Matthew Hodgson (Force), albei 25. 3. Coenie Oosthuizen (Cheetahs), Dean Greyling, Werner Kruger (albei Bulls). almal 21. Nog van SA: Bismarck du Plessis (Sharks, 17). Heinrich Brüssow (Cheetahs, 16).
«Terug