Share

Christene behoort nie fees te vier, sê kerkleiers

PRETORIA. – Christene behoort nie fees te vier oor die dood van ’n ander mens nie – selfs al is dit Osama bin Laden.

Dié boodskap is gister van verskillende kante af die wêreld ingestuur nadat die nuus oor Bin Laden se dood gelei het tot feesvieringe buite die Wit Huis in Washington en in New York waar die aanvalle van 11 September 2001 plaasgevind het.

Die Wêreldraad van Kerke het twee Bybeltekste via Twitter uitgestuur. Spreuke 24:17 sê: “Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie.”

Esegiël 18:32 lui: “Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,’ sê die Here my God, maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”

By albei tekste het die Wêreldraad bygevoeg: “Bid vir vrede en geregtigheid.”

Vader Federico Lombardi, direkteur van die Vatikaan se mediakantoor, het gesê almal weet Bin Laden was verantwoordelik vir die bevordering van haat en geweld tussen mense. Hy het die dood van tallose onskuldige mense veroorsaak en godsdiens vir dié doel uitgebuit.

As iemand dood is, verheug Christene hulle egter nie daarin nie. Hulle dink na oor hul ernstige verantwoordelikheid voor God en mense en verbind hulself daartoe om nie by te dra tot meer haat en verdeeldheid nie, maar tot vrede.

Ook in Suid-Afrika het teoloë in die kuberruimte soortgelyke sentimente gedeel.

Ds. Reggie Nel, sendingwetenskaplike van Unisa, wat aan die gesprekke deelgeneem het, het by navraag gesê Christene moet ’n probleem hê met vieringe oor die dood van ’n mens.

Christene moet hulle beywer vir vrede met geregtigheid, en dit moenie deur weerwraak en bloedvergieting bereik word nie.

Hy het hom geskaar by die sober boodskap van die Vatikaan en gesê dit moet ’n mens verder neem as die siklus van geweld en weerwraak.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 411 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 864 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
+0.4%
Rand - Pound
23.60
+0.9%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
942.50
-0.8%
Palladium
1,028.50
-0.1%
Gold
2,392.04
+0.5%
Silver
28.74
+1.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE