Share

Droogte gebreek; reën egter te laat

DIE erge droogte die afgelope maande in die Vrystaat en Noord-Kaap is die Paasnaweek met wydverspreide reën gebreek, maar die mielie-oes kan nie meer gered word nie.

Volgens boere gaan die naweek se welkome reën ’n goeie koring-oes aanhelp.

Van 3mm tot 77mm reën is die naweek op plekke in die twee provinsies gemeet.

Kenners meen egter dié reën was hopeloos te laat om vanjaar se mielie-oes te red.

Tonie Rossouw, weervoorspeller in die Bloemfontein-weerkantoor, sê die Noord-Kaap en Wes-Vrystaat het die naweek die meeste reën in die land gehad.

Die weer is aan die verander en die reën sal van môre af opklaar.

Sonnige en warm weer word vir die res van die week en die naweek voorspel.

Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, sê die reën is lekker vir weiding, maar ongelukkig hopeloos te laat om die mielieoes te red.

“Nogtans is ons dankbaar vir die reën, want daar heers ’n groot tekort aan weiding in die mielie-produserende gebiede.”

Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri-Noord-Kaap, sê die reën wat nou geval het, is te laat om enige doeltreffende impak op grasveld te hê.

“Dit sou meer werd gewees het indien dit vroeër geval het, want dis nou die einde van die groeiseisoen. Vir die bossieveld is dit egter weer goed.”

Volgens hom het daar by Victoria-Wes tot 40mm reën geval.

Hy kon nog nie sê watter invloed die naweek se reën op die droogtegeteisterde gebiede in die provinsie sal hê nie.

By die Kimberley-lughawe is gisteroggend 10,5mm reën gemeet wat binne 24uur geval het.

Hoffie Joubert, ’n boer in die Kalahari, was in sy noppies met die reën wat in dié omgewing uitgesak het.

“Dit het lekker wyd hier by ons gereën. In die grootste gedeelte van die Kalahari meer as 40mm en ek hoor by Vanzylsrus het dit selfs twee duim (50mm) sedert Vrydagmiddag gereën.”

Op Upington het die reën gistermiddag steeds liggies geval en is daar ook al 50mm gemeet.

“Vir veeboere kan dit nie beter nie.

“Dit het kritieke afmetings aangeneem omdat die boere nie meer veld vir hul vee gehad het nie.

“Nou hoop ons weer vir hitte sodat die gras vinnig kan groei.”

’n Boer in die Prieska-distrik, HG Human, het gistermiddag 27mm gemeet.

Hoewel die 16mm wat in die Koopmansfontein-gebied geval het minder is as wat hulle benodig, is Kobus Gous, ’n boer in dié distrik, tevrede.

“Die reën is te laat en ek weet van baie boere wat nie kos vir hul diere het nie.

“Maar al kom hiervan darem net ’n paar grashalms, sal ons dankbaar wees.”

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, stem saam met Steytler dat die naweek se reën nie die mielie-oes se redding was nie omdat baie mielies reeds in die saad is.

Hy sê dit help nietemin in sekere gebiede waar sonneblom nou aangeplant word en dié boere is dankbaar vir die reën.

Hennie Wagner, voorsitter van Petrusburg se boere-unie, sê die naweek se reën gaan help vir ’n goeie koringoes aangesien die grond nou vog het.

Bloemfontein het 18mm reënval gehad, terwyl Ficksburg en Fauresmith onderskeidelik 15 en 9mm reënval gehad het.

Charles Smith berig meer as 100mm reën is die afgelope week (van Sondag tot Sondag) in die Suid-Vrystaat gemeet.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 895 votes
No! It's time to move on ...
33% - 436 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.53
+1.1%
Rand - Euro
20.16
+1.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
964.50
-2.6%
Gold
2,345.52
+0.6%
Silver
27.58
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,438
+1.5%
All Share
75,393
+1.4%
Resource 10
63,106
+1.6%
Industrial 25
103,764
+1.2%
Financial 15
16,076
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE