Volksblad WEBWERWE/DIENSTE >

En die sexyste vrou is...

2012-06-15 11:31
Die wenner van die tydskryf FHM se sexyste 100 vroue is pas aangewys en die model Genevieve Morton het met die titel weggestap.

Die 26-jarige model was in die wolke oor die nuus. "Dit laat my bloos as iemand dit ophaal. Wat vir een mens sexy is, is dalk nie vir ’n ander mens sexy nie," het sy gesê.

Genevieve woon op die oomblik in New York en sy sê sy mis geweldig om ’n vleisie op die kole te gooi.

Die Julie-uitgawe van FHM is nou op die rakke.

«Terug