Share

GKSA wil dalende lidmaattal só stuit

POTCHEFSTROOM. – Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) gaan ’n omkeerstrategie uitwerk en deurvoer in ’n poging om die dalende lidmaattal van dié kerkverband te stuit.

Die algemene sinode het hierop besluit op versoek van die streeksinode Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Dié streeksinode het aangevoer dat die destydse wit GKSA 41 jaar gelede, in 1971, 104000 lidmate gehad het.

Laat ’n mens die swart gemeentes wat later bygekom het buite rekening, het die lidmaattal gedaal tot 63000. Dit is ’n daling van byna 40%.

Boonop is net 16% van dié lidmate nou dooplidmate of kinders, teenoor die 38% in 1971.

In die proses is daar baie gemeentes wat eenvoudig nie meer lewensvatbaar is nie.

Volgens die streeksinode moet die GKSA baie meer doeltreffend wees om mense buite die GKSA met die evangelie te bereik en hulle die kerk in te bring.

Oudl. Koos Muller van Frankfort het gesê die kerk het die waarheid. Hy wou weet wat is fout met die verpakking waarin die kerk dit vir die wêreld aanbied.

Hy het gesê die GKSA moet ’n paradigmaskuif maak. As hulle dit nie doen nie, is hulle “missionêr steriel”.

Dr. Flip Buys, een van die kerk se mees ervare sendelinge, het gesê hy het oor die wêreld gesien dat kerke wat so ’n omkeerstrategie aanpak, wonderlike resultate gesien het.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 366 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 500 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.89
+0.0%
Rand - Euro
20.44
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.1%
Platinum
908.75
+1.3%
Palladium
1,014.28
+1.3%
Gold
2,219.42
+1.1%
Silver
24.83
+0.8%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE