Share

GSA maan boere ná verhoging


GRAAN SA (GSA) maan graanprodusente om die meganisasieroete ten koste van plaaswerkers en werkskepping te vermy.

Dít kom nadat die minimum loon van R105 per dag vir plaaswerkers gister deur Mildred Oliphant, minister van arbeid, bekend gemaak is.

Louw Steytler, voorsitter van GSA, sê die nuwe minimum loon, hoewel nie ’n massiewe bedrag nie, kan in sommige landboubedrywe tot die verlies van werksgeleenthede lei.

Dié graanorganisasie het empatie met arm mense in die land en ’n groter verantwoordelikheid rus op die samelewing in geheel om armoede in plattelandse gebiede aan te pak.

Vrystaat Landbou (VL) voorspel die minimumloonverhoging kan die aflegging van meer as ’n derde van die provinsie se werkerskorps tot gevolg hê.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder, meen die minister het onder politieke druk geswoeg.

Faktore soos bekostigbaarheid en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se studieverslag oor loon-analises, is nie voldoende deur die minister en die Kommissie vir Diensvoorwaardes in ag geneem nie.

Die BFAP se verslag het bevind met ’n minimumloonverhoging van meer as R20 gaan die meeste boere in Suid-Afrika nie hul geldelike verpligtinge kan nakom nie.

Vermeulen vra boere om nie oorhaastige besluite oor onmiddellike afleggings te neem nie.

Die organisasie gun werkers ’n minumumloonverhoging, maar die regering moet ’n gunstige omgewing skep wat georganiseerde landbou in staat stel om dié beter lone te kan betaal.

“Ons gaan nou saam met ander landboubedrywe kyk na oplossings om plaaswerkers steeds in diens te hou, terwyl die faktor van bekostigbaarheid meer in ag geneem word.”

Vermeuleun sê sprake van ’n regeringshulpfonds vir boere om verdere afleggings te voorkom, moet nou dringend deur die regering bekend gestel word.

Volgens Harry Prinsloo, nasionale voorsitter van die wolkwekersvereniging, sal die ekonomiese werklikheid van landbou op die ou einde die werkliheid van arbeidsindiensneming in geheel bepaal.

Jaco Minnaar, ’n boer van die distrik Hennenman, sê werkers se produktiwiteit moet met die verhoging van 50% ook met 50% toeneem.

“Boere is prysnemers en nie prysmakers nie.”

Meer as die helfte van sy 28 plaaswerkers, wat heeltyds in sy diens is, verdien reeds meer as die nuwe vasgestelde minimum loon.

Hy sal egter nou moet oorweeg om van sy werkers wat minder produktief is en minder as sy hoogsbetaalde werkers betaal word, af te lê omdat dit nie ekonomies vir hom gaan wees om hulle verder in sy diens te hou nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 1784 votes
No! It's time to move on ...
32% - 839 votes
Vote
Rand - Dollar
18.77
-0.7%
Rand - Pound
23.52
-0.5%
Rand - Euro
20.11
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
944.10
-1.6%
Palladium
943.00
-3.7%
Gold
2,299.54
-1.5%
Silver
26.36
-2.9%
Brent Crude
88.40
-1.2%
Top 40
70,215
-0.3%
All Share
76,324
-0.2%
Resource 10
61,423
-4.1%
Industrial 25
105,431
+0.8%
Financial 15
16,664
+1.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE