Khumbula Jacobs (25) is borgtog toegestaan
nadat hy en Amos Limba (32), Lonwabo Tete (30) en Bongani Daniso (25), almal
van die Oos-Kaap na bewering Gerhard Fourie (44) beroof en koelbloedig vermoor het.
Daniso het sy borgtogaansoek laat
vaar.
Limba en Tete se borgtogaansoek word
op 25 Junie voor landdros Paula Berry voortgesit.
Dié vier mans en nog ’n vyfde
vermeende rower wat saam met hulle van die moord op Fourie verdink word en wat
in Port Elizabeth agter tralies is, word ook van ’n vlaag gewapende rooftogte
in die Oos- en Suid-Kaap verdink.
Fourie, wat as ’n finansiële klerk
by Electro Trust gewerk het, is op 2 Mei in die Mediclinic Bloemfontein dood.
Hy op 20 April buite sy werkplek in
Krausestraat, Oranjesig, deur twee gewapende rowers oorval en koelbloedig in
die voorkop geskiet.
Die mans het met die R10000 wat
Fourie kort voor sy dood by ’n bank in die stad getrek het, gevlug.
Hy is waarskynlik van die bank af
deur die rowers agtervolg.