Share

Gesin vlug vir oproeriges wat plaashuis bestorm en vernietig

KRAGBRON. – ’n Gesin wat hier op ’n plaas woon en werk, is getraumatiseer nadat ’n skare oproeriges vanaf Zamdela (Sasolburg) hierheen opgeruk en goed uit hul plaashuis weggedra het.

Stephan Cronjé (38) en sy vrou, Elsabé, en hul drie kinders se plaas is tussen die vierrigtingstop na Sasolburg en die dorpie Kragbron in die Noord-Vrystaat.

Cronjé boer vir Jaap van der Westhuizen van die Cairo-groep.

“Eergister voor 08:00 het my vrou my vreesbevange gebel en gesê hordes oproeriges is rondom die huis saamgedrom. Ek het my na die huis gehaas en ons moes skarrel om net die nodigste te kry om te kan vlug,” vertel Cronjé.

Die elektriese omheining om die plaaswerf is met groot klippe platgedruk en die oproeriges het die huis bestorm en omring.

“Die mense het stokke en klippe gehad en het die polisiebeamptes en -voertuie daarmee getakel. Die huis se vensters is stukkend geslaan. Ons was gelukkig om ’n gaping tussen die wrede klomp onlusmakers te sien en daardeur te laat spaander na my ouerhuis op Kroonstad.” Na wat verneem word, is die oproeriges na Kragbron met die doel om die vulstasie aan die brand te steek en ’n Indiër-sakeman se winkel te beroof.

Cronjé sê die oproeriges was jonk en aggressief. ’n Sekuriteitsbeampte het die Cronjés se huis opgepas nadat hulle gevlug het. Nuwe ruite is ook ingesit.

“Selfs dit het nie diegene wat die aand teruggekom het, afgeskrik om in die huis al ons elektroniese ware, skootrekenaars en kosbaarhede te besteel nie.”

Die ruite is weer uitgeslaan.

Vleis en kos is uit die drie vrieskaste gesteel. Cronjé sê byle is in die huis gevind.

Hulle het aardse goed verloor, maar hy is ook bang vir die letsels wat die trauma kan laat.

Die Cronjé’s se plaashuis het onlangs ook in ’n tornado deurgeloop.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 301 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 427 votes
Vote
Rand - Dollar
18.97
-0.3%
Rand - Pound
23.95
-0.3%
Rand - Euro
20.49
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
907.94
+1.2%
Palladium
1,014.30
+1.3%
Gold
2,213.20
+0.8%
Silver
24.81
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,312
+0.9%
All Share
74,502
+0.8%
Resource 10
57,145
+2.7%
Industrial 25
103,988
+0.7%
Financial 15
16,481
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE