Volksblad WEBWERWE/DIENSTE >

Mannetjies Roux sterk goed aan ná operasie

2012-07-17 22:53

STELLENBOSCH. – Een van die reuse in Suid-Afrikaanse rugby, Mannetjies Roux, sterk goed aan nadat hy gister ’n heupvervanging ondergaan het.

Sy dogter Francette Coetzee het gister gesê dit gaan goed met haar pa en dat die operasie ’n sukses was.

Roux is tans in die Mediclinic Vergelegen op Somerset-Wes.

“Sy linkerheup is vervang en hy sal moontlik tot die naweek in die hospitaal aanbly. Daarna sal hy ’n week lank by my in Welgemoed aansterk,” het Coetzee gesê.

– Malani Venter

Volksblad
«Terug