Share

Monument-eeufees skop af toe Oranje 106j. vier


Die sowat 1 300 leerlinge van die Meisieskool Oranje in Bloemfontein het gister saamgetrek om hul skool se 106de verjaardag by die Vrouemonument te vier. Die skool se verjaardag val vanjaar saam met die begin van die Vrouemonument se eeufeesviering. Oudleerlinge van heinde en ver het na die stad opgeruk vir die naweek se vieringe.

SEWE skoolmeisies op perde ry in die rigting van die Vrouemonument in Bloemfontein – net soos die perderuiters wat op 16 Desember 1913 deel was van die sowat 20000 mense wat hier saamgetrek het vir die onthulling van dié monument.

Minute later skud die res van die Meisieskool Oranje se sowat 1300 leerlinge, geklee in skooldrag, Voortrekker-rokke en kappies en wit rokke, hul vere reg. Kort daarna trek hulle in jong stemme los met Die Verjaardaglied: “Oranjeskool wat ons bemin, ’n jaar het weer verbygegaan...”

Dit is hoe dié skool gister sy 106de verjaardagviering geopen het.

Oranje se verjaardag het saamgeval met die begin van die Vrouemonument se eeufeesviering.

’n Eeu gelede het Oranje se meisies met wit rokke deelgeneem aan die inwyding van dié monument.

Personeel, oud-Oranjeniete en ander eregaste het toegekyk hoe Oranje-meisies gister hulde bring aan hul voorgangers.

’n Kranslegging is onder meer by die graf van die skool se stigter, pres. M.T. Steyn, en sy vrou, Tibbie, gehou. Dit was pres. Steyn se gebaar om destyds die monument op te rig. Sedert sy dood op 28 November 1916 word die skool se verjaardag elke jaar hier gevier.

Prof. Piet Strauss, voorsitter van die Vrouemonument-kommissie, het gister hier aan die skare gesê dié monument het vandag steeds belangrike betekenis vir Suid-Afrika sowel as die res van die wêreld.

“Die monument praat van vrouekrag. Dit praat van versoening, van die krag van die vrou in die samelewing. Die vrou as heldin.”

Hy het gesê dit is ’n voorreg om deel te wees van Oranje se verjaardagviering.

“Toe ek die roesemoes van meisiestemme hoor, toe weet ek hier is lewe. Dit is wonderlik!”

Isabella Steyn, oud-Oranjeniet en agterkleindogter van pres. Steyn, het in ’n toespraak hulde aan haar oupagrootjie gebring. Sy is vergesel deur haar suster, Wilhelmina, en twee broers, Colin en Marthinus Theuns.

Die Vrouemonument se feesviering duur die hele jaar. Van 14 tot 17 November word ’n kunstefees beplan en op 16 Desember ’n gedenkdiens waar die aktrise Wilna Snyman onder meer sal praat. Sy het gespeel in die toneelstuk Dear Mrs. Steyn oor Emily Hobhouse se briewe aan Tibbie Steyn.

Strauss sê daar word tans opknapwerk van R533000 aan die Vrouemonument gedoen.

Die aanvanklike koste om die monument destyds op te rig het R22000 beloop.

Agterkleinkinders en agter-agterkleinkinders van pres. M.T. en mev. Tibbie Steyn het gister op die viering van die Meisieskool Oranje se 106de verjaardag hulde gebring aan hul voorouers. Van links is Colin Frazer Steyn III, Marthinus Steyn, Colin Frazer Steyn, Wilhelmina Steyn, Isabella Steyn en Marthinus Theuns Steyn.

Sewe ruiters van die Meisieskool Oranje by die Vrouemonument. Dit was gister die viering van die skool se 106de verjaardag.


Die Meisieskool Oranje se leerlinge het uit volle bors gesing op hul 106de verjaardagviering by die Vrouemonument. Foto: Conrad Bornman

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 320 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 458 votes
Vote
Rand - Dollar
18.96
-0.3%
Rand - Pound
23.95
-0.2%
Rand - Euro
20.47
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.3%
Platinum
911.00
+1.6%
Palladium
1,012.02
+1.0%
Gold
2,213.44
+0.9%
Silver
24.79
+0.6%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE