Share

Morné Steyn se pa wel vervolg, beslis DOV

JOHAN STEYN (56) van Bloemfontein, pa van die Springbok-losskakel Morné Steyn, moet teregstaan op ’n aanklag van die beweerde diefstal van hek-toerusting en -onderdele van duisende rande.

Steyn sr. is vroeër vanjaar weens die beweerde diefstal in hegtenis geneem, maar die saak is weens ’n gebrek aan getuienis nooit op die hofrol geplaas nie.

Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het egter intussen beslis hy moet vervolg word.

Steyn sr. het gister op ’n aanklag van die beweerde diefstal van hektoerusting en -onderdele van meer as R30000 voor landdros V. Pillay verskyn.

Die staat beweer hy het op 15 Februarie 11 motorhekke, ’n motorhuisdeur, die onderdele van vier hekmotors, drie laser-ogies en 60 afstandbeheerders ter waarde van R33694 van Tanya Janse van Rensburg in Kolbestraat, Oranjesig, gesteel.

Steyn sr. wat ’n onderneming bestuur wat elektriese hekke aanbring, het gister senuweeagtig in die beskuldigdebank gelyk.

Voor sy verskyning het hy ook onophoudelik gebewe.

Landdros Pillay het die verhoor tot 4 Oktober uitgestel en hom op waarskuwing vrygelaat.

Adriaan Janse van Rensburg het gister namens Johan Kramer, van Kramer, Weihmann en Joubert-prokureurs, vir Steyn sr. opgetree.

Patrick Saliwa het aangekla.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 420 votes
No! It's time to move on ...
36% - 235 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
+1.0%
Rand - Pound
23.82
+0.6%
Rand - Euro
20.42
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
922.60
+1.1%
Palladium
986.00
-1.9%
Gold
2,330.23
+0.6%
Silver
27.35
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE