Johannesburg – Nazir Alli, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het bedank.
Mail & Guardian berig Alli se bedanking kom ‘n week nadat ‘n regter die planne met die omstrede e-tolstelsel tydelik in die wiele gery het.
Regter Bill Prinsloo het op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria die Opposition to Urban Tolling Alliance (Outa) se aansoek om ’n dringende interdik teen die e-tolstelsel se implementering, toegestaan.
Nuus24