Share

Nikki in wolke oor Cage-familie

NICOLAS CAGE is die soort skoonpa waaroor enige jong vrou kan droom.

Só sê die Suid-Afrikaanse meisie Nikki Williams-Cage (22), wat onlangs met die Con Air-akteur se seun, Weston, getroud is.

Sy het in ’n eksklusiewe onderhoud aan Volksblad gesê haar skoonpa is ’n absolute familieman.

“Ek is so lief vir hom. Daar is soveel van sy persoonlikheidseienskappe in Weston ook. Verder is dit vir my so lekker om te sien dat Weston en sy pa so ongelooflike goeie verhouding het.”

Nikki en Weston Cage is onlangs op ’n luukse seiljag, Confidential Lady, op die Pontchartrain-meer by New Orleans getroud. Cage sr. was ook daar.

Dit is egter nie al nie. Dinsdagaand het 26 miljoen mense oor die wêreld heen gekyk hoe ’n liedjie waarvan sy die medeskrywer was in die American Idols se eindronde gesing word. Die finalis Lauren Alaina, wat tweede in die gesogte reeks geëindig het, het die liedjie Like My Mother Does gesing.

Nikki sê dit was liefde met die eerste oogopslag vir haar en Weston.

“’n Gemeenskaplike vriend het ons in ’n klub aan mekaar voorgestel. Daar was onmiddellik ’n vonk tussen ons. ’n Mens weet dit is liefde as ’n mens elke sekonde saam met iemand is en dit steeds nie genoeg is nie.”

Nikki sê Weston het een aand by haar ma, mev. Mandy Morgan, se huis voor ’n reuse-kaggelvuur vir haar die ja-woord gevra.

“En nou is ek sy springbokkie. Ek is mal daaroor as hy my sy springbokkie noem.”

Die Idols-liedjie is deur Nikki se ma geïnspireer.

“My ma het my nog altyd net ondersteun. Al het ek haar as tienermeisie deur hel gesit.”

Nikki sê dit is ’n groot eer dat haar liedjie vir die Idols-episode gekies is.

“Ek het dit nie geglo totdat dit uitgesaai is nie. Dit voel inderwaarheid steeds soos ’n droom.”

Sy hoop nog deure sal nou vir haar oopgaan.

“Ek is reeds redelik as sanger gevestig, maar nou kan ek my begin roem daarop dat ek ’n liedjieskrywer is.

“Ek het reeds ’n kontrak met J-rekords geteken en is baie opgewonde.”

Wanneer dinge rustiger raak, beplan sy ’n Suid-Afrikaanse vakansie saam met haar nuwe bekende skoonfamilie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 221 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 335 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
-0.5%
Rand - Pound
24.02
-0.5%
Rand - Euro
20.51
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.15
+0.4%
Palladium
1,000.00
-0.2%
Gold
2,209.06
+0.7%
Silver
24.59
-0.2%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,122
+0.7%
All Share
74,310
+0.5%
Resource 10
56,908
+2.2%
Industrial 25
103,615
+0.3%
Financial 15
16,488
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE