Share

Pa sterf in seun se arms

POTCHEFSTROOM.–’n Polisie-brigadier van die stad het Saterdagoggend vroeg in sy seun se arms gesterf.

Brig. Daan le Grange (50) het in ’n hotelkamer in Bloemfontein ineengestort enkele ure nadat sy seun, DJ (20), as Suid-Afrika se senior judo-kampioen gekroon is. Hy het vermoedelik ’n hartaanval gehad.

DJ het gister vertel sy pa het Vrydagaand, toe hy as kampioen aangewys is, vir hom gesê hy moet onthou om “vir die Here dankie te sê”.

Pa en seun het gaan eet en is terug hotel toe, waar hulle Bybel gelees en gebid het voordat hulle bed toe is.

“Ek het omtrent 04:15 wakker geword toe ek my pa hoor val,” het DJ gister vertel. Sy pa het gesukkel om asem te haal en DJ het paramedici gebel. Le Grange sr. het in sy arms gesterf nog voordat hulle daar was.

Die brigadier was self tevore verskeie kere Suid-Afrikaanse judo-kampioen. Hy het die Suid-Afrikaanse o.20-judospan tot en met sy dood afgerig en was vise-president van die Suid-Afrikaanse Judovereniging.

Die Internasionale Judofederasie het gister reeds sy medelye betuig.

As polisieman was Le Grange ewe bekend en gerespekteer. Volgens sy vriendin, Marilette Phyfer, was hy ’n man van integriteit wat geen moeite ontsien het om die gemeenskap te dien nie.

Le Grange was streekbevelvoerder van Potchefstroom en die omliggende omgewing.

Hy was in beheer van veiligheid toe die Spaanse sokkerspan in 2010 in Potchefstroom tuisgegaan het en met die Eugène Terre’Blanche-moordverhoor.

Hy was vroeër ’n hele aantal jare provinsiale hoof van misdaadvoorkoming en het sy MBA-graad in 1998 met lof geslaag.

Le Grange se dogter, Idonette (24), het gesê hul pa het haar en DJ fantasties grootgemaak. “Hy het naby God geleef. Ons is trots op hom. Hy is ons held, leier en vertroueling en vir baie ’n inspirasie.”

Volgens Botes Botha, eienaar van CB Sekuriteit in Potchefstroom, was die brigadier iemand wat “’n ding reg gedoen of dit gelos het”.

“Sy dood is ’n groot verlies vir die polisie.”

Le Grange se gewese vrou, Euruka, het gesê hy was ’n doelgerigte perfeksionis wat van alles ’n sukses gemaak het. “Hy was ’n trotse mens met ’n goeie hart.”

Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 2715 votes
No! It's time to move on ...
32% - 1277 votes
Vote
Rand - Dollar
18.46
+0.1%
Rand - Pound
23.18
+0.2%
Rand - Euro
19.89
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
974.66
+0.8%
Palladium
980.75
-0.3%
Gold
2,319.62
-0.2%
Silver
27.39
-0.2%
Brent Crude
83.33
+0.4%
Top 40
70,853
+0.3%
All Share
77,024
+0.3%
Resource 10
60,774
-1.0%
Industrial 25
107,532
+0.4%
Financial 15
16,748
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE