Share

Parow ‘cooler’ as Kurt

JOHANNESBURG. – “Ek sal nooit dat my eie kinders na my musiek luister nie.”

So sê die Afrikaanse zef-rapper Jack Parow, wat nou beplan om ’n vloeklose weergawe van sy CD uit te bring “sodat die kinders ook daarna kan luister”.

Parow, oftewel Zander Tyler (28) as hy by die huis is, meen daar’s baie anties wat kla hul kinders hou ook van sy musiek, maar mag weens sy gevloek nie daarna luister nie.

“Ek neem hulle nie kwalik nie. Ek sal ook nie dat my eie kinders na my musiek luister nie. Daar’s baie aanvraag, daarom wil ek ’n skoon weergawe van my CD uitbring waar die vloekwoorde uitgehaal word, soos die radiostasies dit doen, dalk ’n biep of so iets insit – die enigste f***p is dat byna die hele liedjie sal biep.”

Vir hom gaan dit nie daarom om met ’n gesuiwerde weergawe ’n groter mark vir verkope te bereik nie, maar “om my musiek vir mense van alle ouderdomme wat dit woes laaik toeganklik te maak”.

Intussen word hy so woes gelaaik op Facebook dat sy kubergewildheid bo dié van selfs die sangsensasies Kurt Darren en Steve Hofmeyr styg. Parow het meer as 78 500 Facebook-aanhangers terwyl Hofmeyr sowat 61 000 en Darren sowat 45 000 het.

“Uiteindelik!” het Parow verheug uitgeroep oor die nuus dat hy gewilder as Darren op Facebook is. “Dít was my enigste droom: om Kurt Darren op Facebook te klop. Dít en om op die voorblad van Huisgenootte wees. Ek’s nou klaar met rapping, my ou, nou kan ek aftree!”

Darren se jongste album het wel al dubbelplatinumstatus (meer as 80 000 eenhede verkoop) en Hofmeyr s’n platinumstatus bereik.

Van Parow, met sy kenmerkende oordadig-verlengde keps, se eerste vollengte-album (Jack Parow) is meer as 35 000 eenhede al verkoop.

Hy het pas teruggekeer van Europa waar sy optredes in België en Nederland uitverkoop was. “Dit was amazingoorsee. By die een vertoning het daar duisende mense buite die saal gesit en luister omdat dit uitverkoop was.” Hy is nommer 4 op M-TV se Top- 10 gewildste sangers in albei dié lande. “Hulle (oorsese aanhangers) hou die meeste van “Cooler as ekke” en “Dans Dans Dans”.

Meer as 1,2 miljoen mense het reeds na die musiekvideo van die treffer “Cooler as ekke” op die sosiale videonetwerk YouTube gekyk.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 838 votes
No! It's time to move on ...
33% - 413 votes
Vote
Rand - Dollar
18.86
+0.8%
Rand - Pound
23.60
+0.8%
Rand - Euro
20.24
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+1.5%
Platinum
924.00
-0.2%
Palladium
975.00
-1.6%
Gold
2,346.20
+0.6%
Silver
27.58
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,121
+1.0%
All Share
75,054
+1.0%
Resource 10
62,696
+0.9%
Industrial 25
103,560
+1.0%
Financial 15
15,960
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE