Share

Politieke perspektief op die jaar 2012

NIE net is die ANC 100 jaar oud nie, maar die organisasie (ook die regering van die dag) word gekonfronteer met van die grootste interne konflikte sedert sy ontstaan.

In so ’n mate dat die MK-veterane onlangs gevra het vir die uitstel van die nasionale konferensie van die ANC wat einde 2012 in Mangaung moet plaasvind.

Die motivering was dat die ANC in hierdie proses vernietig kan word.

Op talle vlakke word die burgery ook gekonfronteer met die verskynsel van ’n verswakkende staat en het burgerlike verset in onlangse jare in die vorm van diensleweringsopstande die hoogte ingeskiet.

’n Ander kommerwekkende neiging hou verband met die sekurokratisering van die staat. Hierdie neiging manifesteer in terme van wetgewing ten opsigte van die beheer van inligting, voorstelle ten opsigte van ’n media-tribunaal, die militarisering van die polisiemag (militêre range ensovoorts), die veranderende rol van die intelligensie-instellings en selfs voorstelle ten opsigte van die herinstelling van ’n staatsveiligheidsraad.

Die groter sentralisering van mag hou verband met die voorafgaande en word onderskryf deur die dominante rol van Luthuli-huis (party versus die Uniegebou – regering en regime) en nuwe voorstelle ten opsigte van die herafbakening van provinsies.

Laasgenoemde kom neer op ’n vermindering van hierdie entiteite asook die voorgestelde veranderende plek en rol van plaaslike regering binne die konteks van ’n ontwikkelingstaat-benadering.

Laasgenoemde beteken groter staatsintervensie wat betref strategiese voorkeure soos armoedeverligting, werkskepping, maatskaplike sekuriteit, landelike ontwikkeling, onderwys, gesondheid en die stryd teen misdaad en korrupsie.

Die groenskrif oor grondhervorming is ’n voorloper tot belangrike nuwe wetgewing met waarskynlik verreikende implikasies vir sake soos die grondwetlik verskanste vertrekpunt van gewillige koper en verkoper.

Die verwagting bestaan dat die Mangaung-konferensie van die ANC die weg sal voorberei vir ’n ingrypende grondwetlike wysiging of wysigings in 2013.

Dus, 2012 gaan politiek gesproke van besondere belang wees vir die Suid-Afrikaanse politieke bestel, vir die konsolidasie van ons nuwe demokrasie (of juis die teenoorgestelde), maar ook vir die oudste bevrydingsbeweging op die vasteland.

Wat duidelik is, is dat 2012 ons politiek fundamenteel gaan raak en dat die politiek na afloop van die jaar heel anders daar kan uitsien as wat tans die geval is.

Vir die bygelowige hou die Maya-kalender se magiese datum van 21/12/2012 (baie na aan die beoogde Mangaung-konferensie van die ANC) dalk tog betekenis.

Desnieteenstaande beloof 2012 om politiek aan die verwagtinge van ’n interessante jaar te voldoen.

• Prof. André Duvenhage is ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-universiteit.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 995 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1035 votes
Vote
Rand - Dollar
19.23
-0.6%
Rand - Pound
23.92
-0.6%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.6%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
915.20
-0.5%
Palladium
1,009.00
-1.7%
Gold
2,322.74
+0.0%
Silver
27.23
-0.3%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE