Share

Rowers skop, slaan vrou (62) van Bfn

’n HUISHULP en tuinwerker wat alarm gemaak het, was gisteroggend die redding van ’n vrou en twee huishulpe wat in ’n huis in Fichardtpark, Bloemfontein, deur gewapende rowers oorval is.

Drie gewapende rowers het omstreeks 09:00 in die huis van Jerry en Yvonne Rossouw in Peter Connanstraat ingestorm.

Yvonne (62) was alleen tuis saam met hul twee huishulpe, Dalena Moerane (50) en Dinkie Tukola (42).

’n Pistool is in die kombuis teen Dalena se kop gedruk en die rowers wou weet waar die huismense is.

Sy het gesê sy weet nie.

Dalena en Dinkie is albei deur die rowers met die dood gedreig en in die badkamer toegesluit.

Daarna is Yvonne deur die rowers, wat geld geëis het, in ’n slaapkamer oorval, geskop en met die vuiste geslaan.

Terwyl dit aan die gang was, het Andries Booi (51), die Rossouw-egpaar se tuinhulp, lankal reeds gehardloop om hulp te ontbied.

’n Huishulp van bure wat die rowers by die huis sien instorm het, het ook ’n paniekknoppie gedruk om die Chubb-veiligheidsmaatskappy te ontbied.

Met Samuel Mmusa, veiligheidsman van Chubb, se aankoms by die huis het die rowers uit die huis uit gestorm en het hy hulle agternagesit.

In ’n oor-en-weer-skietery in die veld naby die huis het die rowers weggekom.

Yvonne is ná die rooftog in die Life-Rosepark-hospitaal vir kneusplekke oor haar lyf behandel, sê Esmarie Cronjé, hospitaalwoordvoerder.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die rowers het twee selfone en die sleutels van die egpaar se Opel Astra gesteel.

Een van die rowers is as ’n oudwerknemer geïdentifiseer wat ses jaar lank vir die egpaar gewerk het.

Die rowers was gisteraand nog op vrye voet.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 643 votes
No! It's time to move on ...
34% - 333 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.0%
Rand - Pound
23.78
+0.1%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
931.20
+0.6%
Palladium
990.50
0.0%
Gold
2,341.71
+0.4%
Silver
27.66
+0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE