Volksblad WEBWERWE/DIENSTE >

SA model een van die rykste

2012-06-18 22:37

KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel is die derde jaar agtereenvolgens as een van die tien rykste modelle ter wêreld aangewys.

Volgens Forbes.com het die tien rykste modelle gesamentlik sowat $100 miljoen (sowat R830 miljoen) vanaf 1 Mei 2011 tot 1 Mei 2012 verdien.

Die 23-jarige Swanepoel, wat ook die jongste op die lys is, is volgens Forbes die tiende rykste model.

Die Brasiliaanse supermodel Giselle Bündchen is aangewys as die model wat die meeste verdien het. Heidi Klum is as die tweede rykste model bekroon, terwyl die Russiese model Natalia Vodianova as die derde rykste aangewys is.

Ander modelle wat die lys gehaal het, sluit in Kate Moss, Adriana Lima en Alessandra Ambrosio.

Die lys is oor die naweek bekend gemaak. Daarvolgens het Swanepoel van 1 Mei verlede jaar tot 1 Mei vanjaar sowat R26miljoen verdien.

Sy is volgens Forbes een van die bedrywigste modelle van Victoria’s Secret, ’n Amerikaanse kleinhandelaar in vroueklere, lingerie en skoonheidsprodukte.

Volksblad
«Terug