Share

Twee in hegtenis oor vermeende inbreker

’n BEJAARDE man en ’n werker van ’n veiligheidsmaatskappy op Smithfield is in hegtenis geneem omdat hulle glo ’n vermeende inbreker aangerand het.

Gert Seegers (75) en Willie van Zyl (56), die operasionele bestuurder van die veiligheidsmaatskappy WA en vennote, is byna ’n week nadat hulle Lebohang Makwae (25) vir huisbraak aangekeer het, ook in hegtenis geneem.

Makwae, wat Vrydag deur Van Zyl en ander veiligheidsbeamptes aangekeer is nadat hy by Seegers se huis ingebreek het, het glo aan polisiebeamptes gesê Seegers en Van Zyl het hom met ’n pistool aangerand.

Hulle is Dinsdagoggend by die Smithfield-polisiekantoor weens aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem.

Hulle het reeds in die hof verskyn en is op R500 borgtog vrygelaat. Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, het bevestig Makwae, wat voorheen tronkstraf uitgedien het vir huisbraak, het ’n wond aan sy kop en kneusplek aan sy regterknie.

Seegers en Van Zyl het ontken hulle het Makwae aangerand en sê hy is waarskynlik beseer toe hy deur die palisadeheining gekruip het. “Ek het nie eers ’n vuurwapen nie. Die polisie kan maar my huis deursoek. Ek het nie aan hom geraak nie. Hy moes homself seergemaak het toe hy gevlug het,” sê Seegers. Volgens hom is daar verlede jaar al sewe keer by sy huis ingebreek. Makwae was glo vir drie van dié inbrake verantwoordelik.

Makwae het berg toe gevlug toe die veiligheidswagte hom jaag.

Van Zyl sê Makwae het mank geloop toe hy van die berg kom en het reeds ’n wond teen sy kop gehad. “Oom Gert (Seegers) het nie eers aan hom geraak nie. Die oom is oud.” Volgens hom het polisiebeamptes nie die regte prosedures gevolg toe hulle aangekla is nie.

Die man wat hulle in hegtenis geneem het, het hom nie geïdentifiseer nie en was kaalvoet. “Ek voel verneder en wil nie eers meer in die dorp bly nie.”

Die twee mans moet weer op 24 Januarie in die hof wees terwyl Makwae Donderdag op ’n aanklag van huisbraak in die hof verskyn.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 928 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 968 votes
Vote
Rand - Dollar
19.26
-0.8%
Rand - Pound
23.98
-0.8%
Rand - Euro
20.59
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.51
-1.0%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
914.80
-0.6%
Palladium
1,018.50
-0.7%
Gold
2,322.88
+0.0%
Silver
27.30
0.0%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,567
+0.8%
All Share
74,509
+0.7%
Resource 10
59,880
+0.5%
Industrial 25
104,190
+1.4%
Financial 15
15,904
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE