Van Reenenspas tussen Harrismith en die Tugela Tolplaza is vanmiddag vir die tweede keer vir verkeer gesluit.
Die pas is vanoggend omstreeks 12:00 vir verkeer oopgestel, waarna dit weer gesluit is weens die swaar sneeu in die land.
Ander paaie wat gesluit is sluit in: Die R61 tussen Graaff-Reinet and Cradock, die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg, die R58 in die rigting van Barkly-Oos en die R68 tussen Barkly-Oos en Lady Grey, het 'n woordvoerder gesê.
Dit is die meeste sneeu in ses jaar in die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park, berig Sapa.
Het jy sneeufoto's? Stuur die vir ons na web@volksblad.com